About

 Hallo people!

 Ek is Corli van der Merwe. Miskien ken jy my, miskien nie. Ek is ook `n joernalis, tans aan die swoeg en sweet by Volksblad – ons land se derde grootste dagblad (I’ll have you know!). Ek is 1.67 meter lank, het bruin oë en hare, is definitief aan die ronde kant en word oor die algemeen gesien as `n vriendelike mens. Don’t let that fool you – ek het beslis my oomblikke. Ek bly in Bloemfontein, amper sewe jaar nou, en kom oorspronlik van Ladybrand in die Oos-Vrystaat af. Ek het joernalistiek aan Kovsies geswot en nou probeer ek naam maak in `n beroep waar ek anyway nooit goeie geld gaan maak nie. Partykeer knaag dit aan my. Ek het twee worshonde, Jack en Danny (baie onsubtiele verwysing na `n sekere drankie) en hulle is my hart se punt. Ek is single op die oomblik en ek hou niks daarvan nie. Verder moet julle my maar leer ken en kyk hoe ek is. Cheers mense en enjoy!

Advertisements

10 Responses

  1. Uh-uh, derde grootste ordentlike Afrikaanse dagblad. Jy moet kwalifiseer, anders tel mense die Son, die Sun, Business Day, al daai Independent outjies, die Diamond Fields Advertiser, etseteraaa.
    Wat doen jy by Volksblad? Dis ‘n lekker koerant. Is ou Mike van Rooyen nog daar?

  2. Ah Bertus. Dis nou `n ander kwessie daai. Ons onderskei tussen Afrikaans en Engels. Sun, Business day, Daily Sun en so aan is natuurlik Engels terwyl die Vrystaat Son nie `n dagblad is nie. Maar miskien moes ek gesê het ORDENTLIK né! Ongelukkig is ordentlik ook soms `n ander woord vir boring. Mike werk inderdaad nog hier by ons, hy is prettty much `n living legend. Van waar ken jy hom?

  3. Ek het een keer in sy kantoor gesit terwyl hy dit blou gerook het. Crazy ou.

  4. Wat maak wordpress beter as blogspot? Of Benrik? Of Myspace?

    Ek wou ook al ‘n blog begin het, maar as ek eers daarop gaan begin skryf gaan dit nie ophou nie… en ek het nog nie internet by die huis nie. 😦

    Sien jou vanaand!

  5. Jong Bertus, ou Mike is seker so sane as wat `n jarelange joernalis moontlik kan wees. Die ou doen baie hofwerk en dis maar `n taai ding. Maar hy stook steeds soos `n skoorsteun hoor. Ongelukkig vir Mike mag ons nie meer in die gebou rook nie en moet hy buite gaan staand. Lyk nie asof dit hom minder laat rook nie!

    Marianne, ek het nie `n idee wat beter is van die wat jy genoem het nie maar ek like nogal wordpress. En jy is anyway heeltyd op die Internet, kan net sowel join!

  6. Baie welkom hier Corli! Oppas net vir die verslawing!

  7. @ Minora_mo: Ek het in Junie by blogspot begin. In Oktober het van die bloggers by WordPress gekla hulle sukkel om kommentaar by my te lewer. Na lang oorweging het ek besluit om oor te gaan en toe so gemaak op 30 Oktober, my verjaarsdag met ‘n inskrywing “Die Blou Berg Moet Ek Oor”.

    Dit was egter nie omdat WordPress beter as Blogspot is nie, maar omdat daar ‘n lekker klomp bloggers op WordPress is en ek graag deel van daardie kring wou wees. Mens moet ook onderskei tussen WordPress.com (waar ons blog) en WordPress.org (wat die server-sagteware gratis beskikbaar stel.) Jy kan bv. hosting huur en self die wordpress.org sagteware daar installeer en jou eie ding doen. Ek het self die sagteware afgelaai en net op ‘n LAN getoets. Ek was baie beïndruk. Eers toe ek my blog klaar geskuif het, het ek bv agtergekom dat WordPress.com sekere beperkings stel, bv. jy kan nie plug-ins installeer nie.

    Ek dink op die stadium is wordpress.com ‘n veilige keuse. Die grootste probleem is dat die editor homself partykeer snaaks gedra, en ek het dikwels by blogspot dieselfde probleem ondervind. Dis raadsaam om langer bydraes liewer van lyn af (Notepad, Wordpad of MS Word) te skryf en dan in die editor te paste. Jy kry ook spesiale offline editors, baie van hulle gratis, bv. Blogdesk, waarmee jy direk kan pos sonder om die WordPress editor te gebruik.

  8. Ek was eens op blogspot, maar toe het ek en al my vriende oorgeskuif na WordPress. Tegnies is dit veel beter, jy doen dinge makliker en vinniger, daar is nie dae dat die ding gaan staan nie, en hy het allerlei portals waar jy die ander mense kan dophou en leer ken.

  9. Welkom hier. ‘n Joernalis nogal? Klink so lekker opwindend en skeppend. Jy kry seker baie bevrediging uit jou werk.

    Van blog weet ek nie veel nie. Het self maar sopas begin. Ek moet se, sover is ek heeltemal tevrede met WordPress. Ek hou ook van die skoon en ongekompliseerde bladuitlegte waaruit mens kan kies.

  10. Nou, nou ek voel my dan erg bevoorreg om ‘n deelgenoot te wees in die blogwereld…lekker in my eie taal… nou mense skryf julle harte uit want dit is presies wat ek doen. Welkom terug van jou vakansie Corli. Groete uit ‘n nat Belgie. Riana

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: