Raindrops keep falling on my head (and arms, and legs and…)

Hallo daar

Hel, dis nat. Alles is nat. My groentetuin verspoel daagliks, ek reën elke middag nat as ek na my kar toe stap (ek het nie `n sambreel nie) en ek sukkel my stokflou om in die reën op te staan om te gaan gym. Maar ek kla nie, ek hoor dit is die droogste tyd in 130 jaar in die Oos-Kaap. En hoe minder ek my grasperk hoef nat te maak, hoe meer tevrede is my lui self.

So die is `n eventful week. Twee baie goeie vriende van my, Retha en Nic,wat so simpel is om in die UK te bly, kuier op die oomblik in SA. En vanaand gaan ons bietjie opvang oor aandete en `n paar drankies. Ek is redelik seker ek sal ook nie more by die gym uitkom nie, hehe… Ek kan nie wag om die twee te sien nie!

HPIM0314
Die is toe hulle nog `n rapsie van `n tan gehad het.

More-aand gaan ek en vriendin Ilde `n slag Mystic toe vir `n bietjie plesier. Daar is wyn en musiek en die gewilde establishment se beroemde pizza. Njam…Ek is redelik seker ek sal ook nie oormore gaan gym nie. Hmmm…

k3
En die is toe Ilde nog blond was.

Nog nuus is dat Volksblad se blogs uiteindelik aan die gang is. Dit was nogal `n missie en `n half maar ek is tevrede dat dit nou aan die gang is. Die eerste posts is op, ek wag net vir personalized thumbnails en backgrounds om elke blog sy eie, persoonlike identiteit te gee. Julle kan gaan kyk na ons sport-, internet- (myne!), boeke- en nuusblog. Wat ek eintlik bedoel is GAAN KYK ASSEBLIEF NA ONS BLOGS!!!!!! En gaan lewer kommentaar, asseblief man!

Groete van huis tot huis

C.

Advertisements

5 Responses

  1. EEEEK!!!! Take away the bleached head!!!! My oë word verblind soos die lig daarop weerkaats!

    Jissie, kan een kop hare darem so sleg lyk. For the record, aan alle lesers van Corli se blog, EK LYK NIE MEER SO NIE!!! I have come to my senses!

    Geniet jou kuiertjie vanaand… more-aand is dit ek en jy en ‘n Mystic pizza!

  2. Hier in die Kaap is dit net so donirs droog – jy volg nou al die stofstrepies op die lawn soos die erdwurms beweeg!

    Ons staan op ‘n ronde NUL millimeter reen vir Januarie. Ek ken dit nie so nie. Al is dit nie reenseisoen nie, is ons darem altyd bederf met so ‘n buitjie hier en daar. Tans is dit net ek en die tuin en die recycled chloorwater uit die kraan.

    Geniet dus die reen. En die nasmaak van pizza vanoggend! 😆

  3. Knap gedaan met die skuif na redaksieblogs, maar ek is ‘n bietjie teleurgesteld dat julle dit op die Letterdash-platform doen. Dis nie ‘n baie goeie platform om mee te begin nie (no offense aan die inhouse ouens wat dit geskryf en ontwerp het) en die styling is ietwat van ‘n doring in die vlees. Die line-spacing alleen maak dit nogal moeilik op die oog.

    As julle julself gaan wil differensieer van die res van die blogs daarbuite, gaan julle lesers op die minste ‘n visuele cue moet gee dat julle ‘n cut above the rest is. Tans lyk dit soos een van die duisende (ek trek daai getal nie uit my kop uit nie, ek weet hoeveel letterdash blogs daar is 😉 ) ander 24.com / Litnet / Afrigator / Fin24 etc blogs.

    Soos ek sê: puik idee, but it merits an upgrade.

    Sterkte!

    • Hi Johan
      Ek stem heeltemal met jou saam maar ongelukkig moet ek werk op die platform wat die powers that be verskaf.
      Wat ek nou kan doen is om ons blogs hulle eie look binne die platform te gee, wat sal begin gebeur as ons designers net icons, mastheads ens. ontwerp.
      Gaan kyk tog later weer en laat weet my wat jy dink, ek weet ek kan baie by jou leer.
      Tjeers
      C.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: