I have a dream…

Hi daar

Jip, ek is soort van soos Martin Luther King. Ek het ook `n droom. `n Jaar of wat terug het ek `n droom gehad om `n decent sized human being te wees en noudat ek dit soort van bereik het (nog `n entjie om te gaan), het ek `n nuwe droom. As gevolg van my nuutgevonde geloof in myself gaan ek dit actually waag om hier te skryf wat ek graag wil bereik.

So here goes…. Ek wil `n halfmarathon hardloop!

Sug, kan nie glo ek het dit actually op `n publieke forum erken nie. Ek hoop dat die feit dat ek dit hier skryf sal beteken dat ek dit sal doen. `n Bietjie ekstra druk buite my eie doelwitte, of so iets.

Kyk, `n jaar terug kon ek baie minder fisies doen as op die oomblik. Ek was nooit een van daardie mense wat nie om hulle bed kon stap sonder om te rus of so iets belaglik nie maar ek was tog baie onfiks.

Ek het ook nooit enige gesondheidsprobleme ervaar of sulke dinge nie, eintlik kon ek baie dankbaar wees omdat ek nie naastenby soveel probleme weens my gewig gehad het as wat ek eintlik kon nie.

Ek het so teen Augustus begin oefen na ek so 20kg verloor het. Ek het by Virgin Active aangesluit en vir `n uur of wat `n paar keer `n week daar begin rondploeter. Ek het `n ietsie van alles gedoen maar myle ver van die treadmill af weggebly. Haatlike blerrie ding, het ek gedink.

Maar Marlese, `n goeie vriendin van my, is hardloopmal en na `n paar geselsies oor die storie het ek besluit ek sal maar die treadmillmonster `n kans gee. Ek het opgeklim en met baie moeite vir 20 minute teen `n stewige pas gestap. Of wat gevoel het soos `n stewige pas..

Die stappery het my laat sweet en asem laat jaag maar eintlik het ek heel goed gevoel daaroor. So goed dat ek weer opgeklim het. En weer.

Naderhand het ek dit oorweeg om te probeer om so `n bietjie te hardloop, `n minuut hier, `n minuut daar. Ek was MOER onfiks en nog erg oorgewig, so selfs die klein bietjie hardloop was `n toets vir my uithouvermoë.

Ewenwel, teen Desember het ek baie goed gevorder. Ek sweer, ek het gevoel soos `n Cheetah wat hardloop op die vlakte. Dit terwyl ek heel moontlik eerder gelyk het soos `n olifant wat klein diertjies plattrap deur die vlaktes.

Dinge het net begin baie goed gaan teen begin Desember, die kilos’s het (soort van) verby gevlieg. En toe val ek van die oefenwa af. Dit was moeilik genoeg om gesond te eet oor die feestyd (wat ek reggekry het), ek het nie kans gesien om met die oefen ook by te bly nie.

Die gevolg is dat ek my fiksheid amper heeltemal oor `n maand se tyd verloor het. En as ek my halfmarathon wil hardloop sal ek voor moet begin. Maar as ek my gewigprobleme kon oorwin, kan ek dit ook doen.

Watch this space…

Advertisements

7 Responses

  1. Vir jare het ek ook ‘gehardloop’ – seker ook meer in die lyn van ‘n varkie wat die straat afrol, maar dit was LEKKER en ek was fiks en…en…

    Ek wil graag teen Oktober weer ‘n halfmaraton hardloop. Daar is min dinge wat kan kers vashou by hardloop. Daai high wat mens af en toe kry…wat jou laat voel jy kan vandag die Comrades heen en weer hardloop…hemels. 😉

  2. Dis weird hoe vinnig mens onfiks word. But the amazing thing is MUSCLE MEMORY. True’s Bob. Jou spiere onthou hoe fiks hulle was, en snap redelik vinnig terug soontoe.

    Sterkte… ek sal SO vir jou kom cheer on the sidelines met my awesome dance moves!

  3. Wie’t gese ‘if you can dream it, you can do it”? Sterkte…jy sal daar uitkom!

  4. Hallo Corli. Interessante blog. Het ‘n inskrywing daaroor op myne gedoen.

  5. Hi Corli, danki vir jou inloer by my—— dis altyd ‘n GROOT lekkerte om nuwe vriende te maak!
    Oor die hardlopery………………..?
    Uhh-uhh, nie vir my. Fenk joe werie kaaindlie iendied.
    Teryl ek met Eks#3 getroud was, het ek twv hom 6, ja, SES! 10 tot 20kms gedoen. En toe hulle die aand die 6de medalje in my hand sit, toe sê dié ou antie: thanx, maar nou’s dit klaar!
    Met my unique physique het ek elke keer LAASTE by die stadion ingeskommel!
    Nou hardloop ek net elke oggend om die blok, en as ek klaar is, skop ek die blok onder die bed in! 😆

  6. Ek was ook eendag so, maar ek is nou orraait. Net mense wat iets gesteel het hardloop 😉

    Grappies op ‘n stokkie, ek is oortuig daarvan dat as jy jou kop daarop sit sal jy dit kan doen. Dit het baie meer guts gevat om daai 41 klios af te skud as wat dit gaan vat om jou eerste 21 te doen.

    Vergeet van die afstand. Die afstand is niks. Werk daaraan om tyd op jou voete te spandeer. As jy mik vir ‘n pas van ongeveer 8minute per kilo (wat net vinniger as stap is) het jy nodig om vir 2.5 tot 3 ure op jou voete te wees. If you do the time, you can do the distance. Sterkte, ons sien uit na die post met die prênkie van jou medalje.

  7. Alle sterkte!

    Moet ook vanjaar fiks word …maar die wilskrag sukkel maar!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: