Mense suck

Ek is vandag `n bietjie negatief oor die mensdom oor die algemeen. Ek is seker bitterlik naïef vir `n joernalis maar die blatante rassime van wit, Afrikaanse mense skok my deesdae amper daagliks tot in my sokkies.

Kyk, ek gee nie om hoe jy voel oor mense van ander rasse ens. nie – elke ou lewe sy lewe soos wat hy wil. Maar om op publieke forums te verklaar dat die “boere moet opruk” en dat daar `n “burgeroorlog kom” – dit is mos belaglik en haatspraak tot in sy kern.

Ek is `n joernalis en ek sit elke middag 17:00 met `n nuuslys vol moord en doodslag voor my so ek besef dat dit wild gaan daar buite. Maar om misdaad en ras direk aan mekaar te koppel gaan NIE die probleem oplos nie, inteendeel dit gaan dit net erger maak. Wat daarvan jy fokus eerder daarop om haat tussen mense te beveg en om sosiale probleme op te los wat lei tot misdaad, armoede, Vigs, ens.

Ek dink die probleem is dat mense dit nie vir mekaar gun om `n beter gehalte lewe te leef nie. Dit is baie makliker om te kla dat mense gemoor word as om die issues wat daartoe gelei het op te los. Ek besef dit is nie so eenvoudig nie maar dit is vir my `n baie beter opsie as om mense aan te spoor om hulle gewere op te tel en `n ander uit te roei net oor hy van `n ander ras is.

Die hartseer ding hieroor is dat die situasie nie uniek is aan Suid-Afrika nie. Die Duitsers het immers miljoene Jode doodgemaak oor hierdie einste probleem. En die manier wat hulle dit gedoen het was so barbaars as wat kan kom. Dit wys jou net…mense suck.

C.

I-hate-people-angry-little-girls-372102 317 396

Advertisements

12 Responses

  1. . . . en dit is die rede hoekom ons diere verkies.

  2. Partykeer as ek sien hoe die Afrikaners in die forums te kere gaan, wens ek dat ek kon Engels praat. Wat mense dikwels vergeet is dat swartes ook onder misdaad ly. Dit haal net nie die koerante nie.

    Iewers was daar besluit gewees dat iemand nie aan sy/haar ras verbind mag word tydens artikels nie. Goed en wel, maar hoekom word dit altyd geminag wanneer ‘n wit persoon ‘n misdaad teenoor ‘n swarte pleeg. Die blanke is nie ‘n misdadiger nie, maar ‘n rassis. Die omgekeerde geld nooit nie.

  3. Ek het ook nie troeteldiere nie… so flippit, dan is dit net ek en myself 😆
    Dit is sad ja dat dit alewig oor ras, en nie individue gaan nie. Ek glo so, maakie saak of jy wit, swart, pienk, pers , bruin of oranje is nie…. as jy optree soos ‘n derdeklas landsburger is jy ‘n poephol. Yip, ek diskrimineer teen die wêreld se poepholle.

  4. Feit is dat ons nog steeds en altyd groepsdiere is… (ok so daar is die uitsondering op die reël – soos DMi 😉 en die H3 :mrgreen: ) maar oor die algemeen is dit waarskynlik ‘n oorlewingsmeganisme ‘of sorts’ om jou by ‘n groep te skaar.
    Dis tog onomwendbaar dat ek in my gesin/familie my heel eerste linie van verdediging het/skep? As die buurman hom dus volgens my waardestelsel/kultuur/taal/herkoms stelsel skuldig maak aan oortreding van daardie ‘reëls’, is hy die ‘vyand’ (selfs as hy net my gevloek het of nors is (heng dalk volgens sy ‘stelsel’ met goeie rede), gaan my man, my kinders, my familie (en dalk closest vriendekring) wat daarvan te hore sou kom en ja, selfs die hond en my goudvis, hom waarskynlik ‘haat’ – en as ek ‘n duitser is en hy ‘n Afrikaner is dit heel normaal om daardie feit as die grootste rede te verskaf. Want ‘ons’ maak nie sus of so nie…
    En as ons albei Afrikaners is, dan is hy waarskynlik ‘kommin’ of ‘damduiker’ of watookal ek as ‘n ‘laer’klas sou beskryf – bloot omdat hy met sy optrede bewys het dat hy nie in my ‘groep’ of klas inpas nie.
    Right? Right.
    Die kans dat ‘n mens met ‘n meer ekstreme ‘ander’ agtergrond/kultuur/opvoeding – dus iemand van ‘n ander volk of ras my spreekwoordelike g@t gaan krap en my waardestelsel gaan oortree is net soveel groter, omdat kultuur en opvoeding van geboorte af ingeprent word deur waarneming en voorbeeld en later weereens bietjies-vir-bietjies wyer uitgekringde groepe waarvan ek stappie vir stappie blootgestel word – en tot ek volwassene is, word daardie groepe hoofsaaklik deur of my ouers of die vorige kleiner kring of groep se konnotasie daarmee bepaal.
    Dus, sal ek van my speelgroepie-dae af in groepsverband altyd maar half-en-half met ‘eie’ mense omring wees – omdat my ouers mos maar die eerste sê het in die keuse van skole, kerk en selfs vriendekringe. Die musiek wat tuis gespeel word. Hulle vriendekring. Hulle tradisies (want oupa het sus gemaak en ouma het so gesê…), die handhawing van tradisionele feeste en ook hulle trots/arrogansie/nederigheid m.b.t herkoms gaan noodwendig afvryf en al neig ek dalk as volwassene na ‘n meer sagmoedige gesindheid as my ouers se onbuigsaamheid betreffende hulle ‘waardes’ en riglyne – sal daar iewers in my altyd die konneksie met die ‘groep’ wees…
    Ok, having said all that wil ek in alle liefde en met groot deernis en respek vir jou sê wat vir my persoonlik ‘suck’. Die nuwe Afrikaner se manier om verskoning te maak of (veral verbale) aanvalle te loots op mede-Afrikaners (wat per slot van rekening hulleself nie minder of meer skuldig maak aan sekere rassiste misdrywe as baie ander rasse, kleure en kulture nie). So, daar is ekstreme mense daarbuite. Jip. Is so. Maar daar is ook die Malema’s se haatspraak/of onse Pressie se masjien-geweer liedjie – wat my persoonlik dalk witwarm onder die kraag maak (uit irritasie? vrees? who knows… 🙄 ). Die meeste ‘grootbekke’ is volgens my eintlik tot diep in hulle siele vreesbevange en het dus ‘n sterker oorlewingsdrang as die rustiges en meer gematigtes onder ons. En ek is seker hulle het (hulle eie) goeie redes daarvoor. Die verskil? Ons (Afrikaners) voel ons moet verskoning aanbied vir elke Afrikaner wat ‘n ander opinie het as onsself. Die swartman (talle by my werk) stem dalk nie saam met Malema en ander radikales, maar hy sal wragtig nie verskoning maak daarvoor nie. Want “ek is nie hy nie en hy is nie ek nie”.

    Hoekom dus in jou inskrywing nie maar albei kante van die ‘coin’ aanvat nie? Kan jy verklaar hoekom jy juis slegs teen mede-volksgenote te velde sal trek en ewe maklik woes veralgemeen (‘wit Afrikaners’) as jy gehoor het van een, dalk twee – heng, selfs 20 van hulle wat in ‘n forum mekaar sit en aanspoor om ‘die geweer op te tel’?
    En dis beslis nie net jy spesifiek nie, maar deesdae nogal baie Afrikaners wat op ‘n manier ‘verskoning’ aanbied vir ‘hulle’ wat dalk in ‘n (gewelds)situasie was, wat jy nie in jou wildste drome kan uitdink nie en dus nou ekstreme oorlewingsdrange/neigings toon? Slegs as jou ma of niggie of oom in ‘n huisroof of kaping betrokke was, sal jy dalk ook verstaan hoekom daar selfs mense in so ‘n forum (dus groep) sit, wat nie persoonlik geraak is nie, maar binne die groepsverband wel geruk is.

    Jy sê: “. Dit is baie makliker om te kla dat mense gemoor word as om die issues wat daartoe gelei het op te los…” 😕 En dan sê jy “Ek besef dit is nie so eenvoudig nie maar dit is vir my `n baie beter opsie…”. Wat is? Wat is die beter opsie? Om ander te leer om mekaar te gun?
    Ek aanvaar dat die ‘issues’ waarna jy verwys ‘Apartheid’ is/was, omdat jy direk daarna in die volgende paragraaf na die Holocaust verwys? En jy reken daardie ‘issues’ lei tot huisbrake en moord en roof vir ‘n selfoon en R20? Hoe op dees aarde wil jy die ‘issues wat daartoe gelei het’ oplos? Hoe ‘los’ ‘n mens geskiedenis, hoe barbaars ookal, op?

    Die duitsers kon duidelik tot vandag toe nie – dit ‘oplos’ nie… anders sou jong mense soos jy nie meer daarna verwys nie – dus gaan hulle nog vir generasies gebuk gaan onder daardie skreiende misdryf teenoor Jode en dus die mensdom as geheel. En ek, wat 20 jaar na afloop van WWII gebore is, kry steeds ‘skaam’ vir my voorvaders se misstappe en sal waarskynlik daaroor ‘jammer’ bly vir die res van my bestaan, omdat die mensdom (tereg) nie vergeet nie.

    Behalwe dat ek dink die Holocaust en Apartheid (al is daar wel raakvlakke) m.b.t oorsprong/rede/boosaardigheid wel verskille toon, daar na afloop en beeïndiging daarvan, wel hierdie een (klein?) verskil is:
    Geen Jood het nog óóit sovêr my kennis strek, by ‘n duitse huishouding/besigheid ingebreek, gesteel, geplunder en moord gepleeg onder die vaandel van “ek is sus en so arm/agtergeblewe/kwaad/siek as gevolg van die Holocaust nie”.

    Die van julle wat sê die Afrikaanse forums is ‘erg’ of ekstreem – gaan kyk gerus ‘n bietjie rond op die www – daar is derduisende engelse, duitse, finse, noorse en oosterse forums waar dit baie baie erger gaan (politiek, godsdiens, sosiaal, watookal) – en dan praat ek van ‘n ledetal van sommiges tussen 2000-5000!!

    Ek sê nie jou standpunt is verkeerd is. Ek sê net – probeer insien hoekom “oom Daan” so de dinder in is dat hy die geweer wil optel, net soos wat jy dalk insien hoekom “Sipho” in Brakpan by ou “tannie Gertruida” inbreek, haar verkrag en dan vermoor met ‘n draadklerehanger vir R50 en haar ou Nokia 1011?

    Sien ALTWEE se beweegredes in. Jy hoef nie met dit saam te stem nie, maar aanvaar dat in hulle eie persoonlike ‘waardestelsel’ hulle waarskynlik oortuig is daarvan dat hulle sterkste pleitrede juis dit is: “Oorlewing”.

    Hoe kleiner ons ondersteuningsnetwerk, m.a.w. ons ‘groep’-steun, deste sterker is die mens se drang na sekuriteit, voorkoming en voorsieningmaatreëls en dus het dit niks met rassisme as sulks te make nie, behalwe dat ‘die ander een’ ‘n veel groter gevaar vir my (en my ‘groep’) inhou as iemand wat dalk meer sosiale/politieke en ekonomies raakvlakke met my deel.

    Mense ‘suck’, ja. Het altyd. Sal altyd. Veral dié wat met my van mening verskil, nê 😉

    “Those who do not read are no better off than those who cannot read and those who do not listen are no better off than those who cannot hear.”

    • Hi BB

      Ek stem saam met jou oor baie wat jy geskryf het en ek besef dat ek beslis veralgemeen het met die “Wit Afrikaner”-storie. Miskien is die rede daarvoor omdat ek hoofsaaklik mense uit daardie groep op ons site kry en dis juis hulle wat my opgewerk het.

      Kyk, die moord en doodslag in hierdie land maak my net so mal soos vir baie ander Suid-Afrikaners. En die feit dat swart op wit rassisme die rede is vir baie van die land se agteruitgang is onvermydelik.

      Maar dit was nie wat my op die spesifieke dag opgewerk het nie. Jy skryf van hoe `n mens van jongs af maar meng met jou eie mense. En ek was nie anders wat dit betref nie. Maar ek het ook geloof gehad in wit, Afrikaanse mense dat ons kan saamstaan en hard kan werk.

      Ek voel net dat alles wat in SA aangaan baie mense so lamgelê het dat hulle nie meer die sin sien daarin om iewers te probeer om `n verskil te maak nie en nou kla hulle maar net en werk mekaar op vir die “oorlog wat kom”. Ek sien nie die sin daarin nie.

      Die issues waarna ek verwys is goed soos gebrekkige opvoeding, armoede en algemene agterstand wat in `n groot mate (hoewel nie heeltemal in totaal nie) toegeskryf kan word aan apartheid. En ek glo dit kan opgelos word as die regering en die res van ons land hieraan werk. Dit is `n saak vir ons almal, nie net vir sekere groepe nie. Die haatkwessie is iets heeltemal anders en ek sal sê dat `n groot hoeveelheid moorde daardeur gemotiveer word. Daarvoor het ek ongelukkig nie `n antwoord nie, ek wens ek het gehad.

      Ek is tog heeltemal seker dat ek bv. meer geleenthede gehad het as ons bediende se kinders – uit die aard van ons velkleur en sosiale stand. Dus is daar `n agterstand wat dekades sal vat om ingehaal te word – en dis nou as daar actually deur die regering daaraan gewerk word om skole, hospitale en ander fasiliteite aan meer en meer mense beskikbaar te stel.

      Ek ken `n meisie wie se pa `n paar jaar gelede deur swart mans vermoor is op hulle plaas. Sy is uiters rassisties en dit het my al baie gepla.

      Ek kan verstaan hoekom sy so voel, BB. Maar die verskil tussen ons twee is – as my geliefdes vermoor word is die kans baie beter dat ek die persone verantwoordelik gaan hou vir so `n afskuwelike daad terwyl `n rassis net die velkleur sien van die skuldige en `n totale ras blameer vir hulle dade.

      Maar die belangrikste ding wat ek geleer het oor ras in Suid-Afrika is dat toe op die ou einde nie `n swart en wit kwessie is nie. Dis een helse grysarea en daar is nie `n maklike antwoord nie.

      Lekker naweek vir jou!

  5. Ek is half dankbaar ek kan met jou hieroor saamstem: “Maar die verskil tussen ons twee is – as my geliefdes vermoor word is die kans baie beter dat ek die persone verantwoordelik gaan hou vir so `n afskuwelike daad terwyl `n rassis net die velkleur sien van die skuldige en `n totale ras blameer vir hulle dade…” Of altans so hoop ek van harte indien soiets ooit oor my pad moet kom 😦 Who knows, nê?
    En vir jou ook Corls, lekr naweek – en be safe 😉

    • Ja jong, my rasionele denke sê vir my dit is hoe ek sal redeneer in so `n situasie maar ek kan ook totaal verkeerd wees. Hopelik hoef ek en jy nooit uit te vind nie!
      Lekker naweek, jong. Ons gesels weer!

  6. Ek dink ook baie dae, hoekom kan alle mense nie net ‘sensible’, rasionele mense wees wat in vrede wil lewe nie? Hoekom moet daar mens soos Al-Qaeda wees. Net soos die voorbeeld wat jy noem ondervind ons wittes ook omtrent DAAGLIKS die vyandiggesindheid van swartes, veral van regeringskant.

    Maar dis nie so bad nie, daar is baie goeie mense ook. Ek kan nie onthou presies wat nie, iewers in die bundel van Herman de Coninck wat ek pas gelees het sê hy in ‘n gedig bv. dat die pyn ook nodig is om die mooi dinge te kontrasteer. Miskien is hierdie mense ook nodig om die goed van goeie mense duideliker te laat uitstaan! Tog bly dit vir my onmoontlik om te aanvaar dat inbrekers mense moet martel.

  7. As ons swart tale magtig was en kon dit lees en praat sou ons SIDDER as ons gehoor het wat aangaan op hulle forums.

    Hetsy verbaal of op die internet.

    Ongelukkig verstaan die meerderheid mense Afrikaans en is dit weereens maklik om vinger te wys na die donerse Afrikaner wat nie wil versoen nie.

    Moor hom, moer hom, verag hom. En dan beskuldig jy hom van die gebrek aan die wil om te versoen.

    Eensydige gehammer en gekerm. En ongelukkig raak mense gebreinspoel deur die herhaling, en glo hulle dit self later.

    Ja, swart, bruin en wit word geteiken. Maar soos BB se, vir ‘n donirse R10 noot en ‘n ou selfoon word ‘n ou tannie onherkenbaar vermink.

    Kyk bietjie sulke foto’s – jy het mos toegang daartoe, indien dit ooit nuuswaardig genoeg is om te fotograffeer. Dan kyk jy of dit jou enigsins onaangeraak laat. En of jou vrae dieselfde bly!

    Met ‘n president wat sing van sy masjiengeweer, kan ek nie anders as om te lag as mense k8k en kerm omdat die Boer sy Roer wil opneem nie.

    Groetnis

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: