Vrot blogger

Hi daar

Jissie, ek is `n vrot blogger vir `n webredakteur. Jammer, jammer! Ten minste vergeet ek nie heeltemal van my blog nie!

Vandag sal ek maar `n update gee van hoe dit gaan en so aan. Ek is nou so twee maande in die stoel as webredakteur en ek geniet dit verskriklik baie! My pos val nou onder News/Nuus24 en ek het `n hele paar nuwe mense leer ken – en dit nogal oulike mense ook!

Dit is so lekker om `n slag met mense te werk wat belang stel in die internet, tegnologie, sosiale netwerke, ens. Baie van my kollegas en vriende het nie `n idee wat my daaglikse lewe behels nie. Soms wonder ek of ek ook op `n stadium gaan kom wat ek nie meer lus gaan hê om by te bly nie. En of ek dan ook oningelig gaan word. Ek hoop nie so nie!

Met my persoonlike lewe gaan dit ook voor die wind. Ek het nou wel nie veel vakansie gehad in Desember nie maar ek het lekker by my ouers gekuier die paar dae wat ek wel gehad het. Ek gaan die jaar nie veel verlof vat nie sodat ek in Desember kan Kaap toe gaan. My tannie kom kuier uit Amerika en die hele familie sal in die Kaap bymekaarkom.

Ek hoop ook om in 2011 te trek Kaap toe – mits ek `n goeie werk daar kry. Ek is baie gelukkig by Volksblad maar ek wil graag vorder in my loopbaan en ek sal heel moontlik moet trek om dit te doen. Ek hoop om by Nuus24 of 24.com in te kom maar die tyd sal leer wat gaan gebeur. Voor dan gaan ek my absolute bes hier by Volksblad gee, ek hoop ons webruimte groei sommer baie die jaar.

Die gewigverliesding gaan ook goed aan. Ek het nou amper 40kg verloor. Ek herken myself baie dae nie! Ek was gisteraand by die fliek en ek het vir myself skoon vreemd gelyk in hulle badkamer. Die oefen kom ook goed aan, ek was net `n bietjie lui in Desember.

Ek het ook vir die eerste keer in baie jare weer begin swem. Ek was lank te skaam om in swemklere te verskyn maar nou voel ek baie gemakliker daarmee. Lyk nogsteeds nie great nie maar baie beter. Ek het baie lus om driekamp te begin doen en swem is natuurlik een van die drie dissiplines. Die fietsry en draf het ek onder beheer so nou moet ek aan die swem werk.

Nou ja, dis dit vir eers. Ek het nou Blogdesk op my werksrekenaar, dit maak dit baie makliker om bietjie te blog. Hopelik kom ek meer hier uit!

Groetnis
C.

Advertisements

3 Responses

  1. Hi Corli, dis fantasies om so baie gewig te kon verloor. Die jaar is dit my beurt en ek wil (moet) 50 kg afskud. Jy moet laat weet van ons ander blogs.
    Groete
    Blou Bul

  2. Voorspoed met al die nuwe dinge die jaar. Dis wonderlik wat jy reeds vermag het.

  3. Hoogtyd dat jy weer terug is, vriendin! Hopenlik loop ons mekaar meer in die blogosphere raak. Ek sal laat weet sodra myne op die been is… sukkel nog net om al die gimmicks en gadgets op te sit wat ek wil hê. Dalk moet ek my techno savvy vriendin vir raad vra…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: