Hoe voel `n mens…

as jou drome waar word?  Wel, laat ek jou vertel.

Jy voel asof jy jou ore nie kan glo nie. Jy word skielik lighoofdig en sit jou hand op die tafel langs jou vir standvastigheid terwyl jy ongelowig luister na die stem aan die ander kant van die lyn. Jy wil half begin lag maar `n klein, klein stemmetjie binne jou is bekommerd dis alles dalk `n siek grap.

Dan besef jy dis die waarheid – jy het dit gekry! En al die ongeloof, al die wankelrige hoop, al die stille vertroue in wat jy kán doen spring inmekaar en maak een vreeslike, deurmekaar emosie wat nie `n naam het nie.

Dan sê jy dankie, baie dankie, vir die Engelse HR-meisie wat van hoofkantoor af bel en jy druk die selfoon se rooi knoppie.

Jy stap terug na jou kantoor toe, na die mense saam met wie jy meer as twee jaar lank soveel dae spandeer het. Jy maak `n punt daarvan om eers met jou baas te gaan praat – die vrou wat al jou geite met geduld verdra het. En jy deel die nuus – jy het jou dream job gekry. Nie dat daar iets fout is met jou huidige werk nie maar almal het hulle drome. Haar opregte gelukwensing kom sit in jou hart en jy sluk aan jou trane.

Jou kollegas sê jou geluk en jy kan nie ophou met glimlag nie. Jou dag word verswelg deur gelukwensings van kollegas, vriende en familie. Jy glimlag stilweg vir jou ouers se skaars verbloemde trots. As hulle maar net weet hoeveel jy nog moet leer. `n Beeld van `n klein vissie en `n groot see flits voor jou oë verby.

Dan is daar sjampanje en vrolike gedoentes saam met opgewonde vriende wat jou lewe elke dag saam met jou leef. Jy doen op `n kol vinnig somme en kom agter daar is ander voordele ook aan `n nuwe werk en daarmee is jy ook tevrede. Dan sink die realiteit van verantwoordelikheid in en jy besef watter uitdaging voorlê…

O ja, tesame met al hierdie ding – `n glimlag so groot dat dit lyk asof jy jou ore gaan insluk.

Ai, dis wonderlik om so geseën te word…

🙂

Advertisements

5 Responses

  1. Baie geluk. Ek is so bly jy het die werk gekry.

  2. Veels geluk, ons is saam met jou bly!

  3. Baie geluk Corli!

  4. Mag die res van jou drome ook waar word, Corli. Laat hierdie net die waarword van ‘n droomleer wees en elke dag hierna vir jou die verwesenliking van die verdere droomtrap wees. Voorspoed! Welgedaan!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: