It was the best of times, it was the worst of times…

Hallo daar

Die lewe is darem maar snaaks. Hy deel aan die een kant mildelik uit en aan die ander kant vat hy soms so baie.

Toe ek op skool was het ek my skooljare gecatalog volgens die grootste krisis waardeur ek daardie jaar gegaan het. Dis seker `n vreeslike siniese ding om te doen, veral vir `n happy chappy soos ek. Gelukkig het ek darem die goeie goed ook onthou en hulle tussen die rampe laat lê. Iewers langs die pad het ek opgehou om die tyd op hierdie manier in te deel. Ek het heeltemal daarvan vergeet, tot ek nou die dag sit en peins oor die dinge van gister.

Die rede hoekom ek nou hieraan dink is omdat ek die naweek net weer opnuut besef het dat die lewe darem kliphard kan wees. Nes jy dink dinge gaan nou regtig klopdisselboom, slaan iets jou voete onder jou uit. Maar ek dink tog dis belangrik om nie net die groot dramas in jou gedagtes te hou nie maar ook die ongelooflike seën te tel wat oor jou neerdaal.

So here goes:

Die afgelope sewe maande het ek deur baie verandering gegaan. Ek het gegroei (emosioneel) en gekrimp (fisies). Ek was my hele lewe nog aan die ronde kant. As kind was ek chubby, as tiener oorgewig en as volwassene…wel, julle kry die prentjie.

`n Paar keer het ek dinge probeer omkeer maar eventually het ek van die wa afgeval. Tot hierdie jaar. Van Februarie af het ek 28kg verloor. Dis die helfte van `n mens. Ek het nog heelwat om af te skud maar die verandering is reeds baie groot. Ek het begin oefen en myself heeltemal verras deur te begin draf.

Maar ek moes ook `n paar issues uitsorteer en die hemel weet, dis nie maklik nie. Dis snaaks wat alles na vore kom as jou coping mechanism van jou af weggevat word. Maar ek is `n beter mens daarvoor en emosioneel en fisies baie gesonder. Dit bly egter vir my vreemd dat iemand so gelukkig soos ek, steeds heelwat issues kan hê. Die lewe is voorwaar `n harde plek…

So die naweek het ek gaan celebrate deur klere te koop. Mensig, maar dis duur! Tog was dit die moeite werd.  As jy hard gewerk het vir iets verdien jy tog `n beloning. En aangesien ek nie myself met kos wou beloon nie, was klere die ideale ding.

Intussen het die Springbokke ons darem maar baie trots gemaak die naweek. Om van die Cheetahs nie te praat nie (jammer Jo-Ann)! My senuwees is gaar na twee sulke spanningsvolle wedstryde maar ek is doodtevrede, my spanne het immers gewen. Net jammer van Jaque Fourie se sighting…dit wil regtig nou vir my ook lyk asof iemand iets teen ons manne het. Dis seker maar wat gebeur as jy almal op `n streep klop – jaloesie is `n lelike ding.

Nog goeie nuus is dat ek Woensdag `n onderhoud het vir die pos as Volksblad se webredakteur. Die van julle wat gereeld koerant lees op die internet het seker agtergekom dat Media24 se koerante se websites `n groot verandering ondergaan het. Alles is herontwerp ens. Ek is nuuskierig om te hoor wat julle daarvan dink?

Ewenwel, ek is baie opgewonde. Soos meeste bloggers vrek ek oor enigiets wat oor die internet gaan, maak nie saak of dit `n cool nuwe application, web site of sosiale netwerk is nie. Ek reken ek behoort dit te kan gebruik om Volksblad `n sterker aanlynteenwoordigheid te gee. Ek het altyd gedink ek sal moet trek om in aanlynjoernalistiek in te kom maar as ek dit hier in Bloem kan doen, sal ek nog baie jare hier kan bly. Ek is mal oor Volksblad en sy mense en Bloem bly darem maar tops. So julle moet duim vashou vir my! Die onderhoud is Woensdag.

Nou by die slegte. Tussen al hierdie lekker dinge het daar ook `n aaklige ding gebeur. `n Koshuispel van my was Vrydagaand in `n lelike ongeluk. Sy lê in ICU in Medi-Clinic en het bitter seergekry. My hart is sommer baie seer. Dit klink asof sy dit sal maak maar sy gaan lank moet herstel en sy is in baie pyn. Dit wys jou net hoe vinnig `n mens in die moeilikheid kan kom. Een verkeerde beweging, een keer se skrik en jy land in die hospitaal.

Nou ja, dis my storie vandag. Laat ek die week aanvat. Dis `n heerlike lentedag en ek het pragtige, klein groen plantjies in my tuin!

C.

Advertisements

4 Responses

  1. Goed om weer lewe hier te sien!

    Geluk met 28 kg se verlies. So met die lente saam, kan ek dink dit sit ‘n huppel in jou stappie! Welgedaan!

    Sterkte aan jou vriendin. Dis waar…mens weet nie wat om die volgende hoek vir jou le en wag nie.

  2. Baie geluk en “sterkte” in dieselfde sin…veral vir jou pel.

  3. Het WP verloor? Ek was te besig om op te let… ons is mos gewoond daaraan.

    Sterkte vir jou vriendin. Ek is baie dankbaar dat ek so lig afgekom het van my motorongeluk van verlede week.

    Baie geluk met die lyfdinge – ek weet hoe fantasties dit voel om so pakkie af te gooi. Ek het met Kevin se swangerskap gesukkel met hoë bloedsuiker en moes na sy geboorte van so klompie kilo’s ontslae raak. Mens se hele houding wys jou sukses.

    Ek hou duimvas vir jou onderhoud!

  4. Ek het altyd gereeld Beeld op die webwerf gelees en partykeer ook Die Burger. Dis asof ek nou meer sukkel om gelees te kry met die nuwe ontwerp, ons het amper gewonder of dit nie doelbewus gedoen is om verkope te probeer opjaag nie, veral nadat Rapport uit en uit gesê het hulle gaan hulle berigte eers 12:00 op die webwerf sit om te sien hoe dit verkope beïnvloed.

    Ek wens jou alles van die beste met die aansoek en sal probeer om bietjie Volksblad se werf ook te lees..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: