Yolanda Barnard, die ou Steve Hofmeyr-storie en die mislikheid van die pers

Hallo daar

Dis alweer `n ruk sedert ek hier gesels het maar `n joernalis se lewe is gewoonlik maar besig. Alhoewel dit vir my lyk asof ek besiger kan wees, ek kon immers `n tell all-boek geskryf het oor my glorieryke vier jaar as joernalis in `n wêreld propvol skandes.

Ja right. Ek is NIE Yolanda Barnard nie en ek het GEEN respek vir diegene (veral joernaliste) wat soos sy dink en doen nie. Maar nou ja, wat weet ek nou. Ek het nog nooit in die publieke oog skandes gemaak of oor veel skandes verslag gelewer nie. Ten minste nie die tipe skandes waarvan Yolanda hou nie.

Die rede vir my onvergenoegdheid met die vroumens is die sogenaamde blerrie boek wat sy geskryf het – Die ponie galop. Die titel is seker veronderstel om `n verwysing na poniekoerante te wees, wie gee  anyway om. Ek het vroeër vandag  Theunis Engelbrecht se resensie oor die “publikasie” gelees en myself goed opgewerk. Oor haar vermetelheid, oor die oordeel wat sy oor joernaliste bring, oor die oordeel wat sy oor die ganse Suid-Afrikaanse glansbedryf bring. Oor haar absolute belaglike hoop dat sy een van die dae by Carte Blanche kan gaan werk  – `n plek waar daar actual JOERNALISTE werk en nie prikkelpoppe opsoek na sensasie nie. Nou nie dat ek beweer liewe Yolanda is `n prikkelpop nie – glad nie. Wie sou nou ooit dit doen…

Die absolute hartseer ding oor Die Ponie galop is die feit dat ek nuuskierig is daaroor. En deksels, ek wil nie wees nie. Ek sal nie die boek koop nie en ek sal lank en diep dink voor ek dit dalk by `n kollega leen of iets in daardie lyn om dit te lees. Maar ek is steeds nuuskierig en dit maak my goed en gedurig die bliksem in. Want die tipe ding spreek tot die swakste en vrotste eienskappe van ons nasie. Ons WIL weet of Robbie Klay en Nicholis Louw eintlik lovers is, ons wil weet of Herschelle Gibbs en Mienkie van der Westhuizen eens `n item was en ons WIL weet presies hoe siek die hele glanswêreld eintlik is. Want dan voel ons beter oor onsself en ons eie siekhede. Hoe pateties. Menslik, maar pateties.

So ek is vandag nie net vies vir Yolanda en mense soos sy nie maar ook vir myself. Want ons kan dit miskien ontken maar ons het almal `n stukkie van haar in ons. Of jy onderdruk dit kwaai (soos ek), of dit kom na bo. Sad but true. En dit is die rede, liewe volk, hoekom poniekoerante meer en meer as mainstream publikasies sal verkoop. Ons gee eenvoudig meer om of Brad en Angelina regtig ongelukkig is as of die regering werklik gratis hoër onderwys gaan kan bied. Watter tipe prioriteite is dit?

C.

Lees Theunis se resensie by http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=67535&cause_id=1270

Theunis het ook Steve Hofmeyr se boeke geresenseer. Lees gerus hier http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=54767&cat_id=558

Advertisements

8 Responses

  1. Lyk tog of sy gaan geld maak, en dis seker amper hoofsaak waaroor dit vir haar gaan. Nes baie mense Bill Gates haat vir die manier waarop hy sy geld maak, maar almal beny hom!
    Maar ek stel nie belang om dit te lees nie.

  2. Ek glo darem die meeste mense verstaan dat die pers en Yolanda nie sinonieme is nie. 🙂 En ek dink jy’s reg dat die foute van ander mense ons beter oor ons eie laat voel.

  3. Ek het gister lekker gegiggel nadat ek op litnet van haar gelees het, en toe die link na die Rapport onderhoud gevolg waar sy soos ‘n absolute d*** afgemaak word.

    Hahaha, Carte Blanche nogal, nadat sy stywe ogies sit en skinner het op Glitterati.

    Nee wat, sy is kommin verby, en die slegste is dat sy haarself ‘joernalis’ noem, maar nie ‘n clue het wat joernalistiek is nie.

    Sy is eerder die skinnerkolomme se agony aunt.

    Wat is haar kwalifikasies, by the way, want die jimmil weet, haar manier van skryf kry jy in die laerskool.

    Sorry Yollie, maar jy maak jou eie naam GAT!

    Ek hoop die mense sue jou in STILTE in, sodat ons gougou nooit weer van jou hoor nie!

  4. Hmmmmm do i need to say anything? Jul het dit klaar so mooi vasgevat 😛

  5. Eerder ‘n ander ding raakgelees by jou:
    Ons gee eenvoudig meer om oor Brad en Jolie as die onderwys….

    Miskien was dit beter in die dae toe die skande element baie sterker en duideliker deur die gemeenskap toegepas was – die onderdruk van daai slegdeel van ons. Toe almal geweet maar niemand gepraat het nie…. ?

  6. Ai. Het die inskrywing van jou nou vir Ouding al om sy eie mishoop laat loop.
    Die punt wat Ding reken jy nogal wil kommunikeer, is bepaald ‘n raakvat, doring-in-die-vlees ene.
    Ding het nou nog nie in hierdie lewe die twyfelagtige voorreg gesmaak om sensasionele poef tot teeparty-proporsies aan te jaag sodat Ding se naam aan die van die Yolige vrou gekoppel kan word nie, maar Ouding wonder maar of dit nou eintlik is dat sy werklik so ‘n aanstootlike entjie mens is en of sy bloot die tipe werk op die tipe manier doen wat aan haar ‘n bepaalde tipe bekendheid verleen. Maar wat dit ookal is, iewers hoor ding glas breek en klippe val.
    Netjiese inskrywing.

  7. “Want die tipe ding spreek tot die swakste en vrotste eienskappe van ons nasie” nee wat skat – hierdie is regtig waaragtig nie net ‘n ‘ons nasie’ eienskap nie – die poniepers saai ‘havoc all over the world’ – en maak miljoene daaruit. Die Afrikaner (ek vermoed jy verwys na hom as ‘die nasie’) is geen heiliger of komminer as die average Europeër, Amerikaner of Asiaat nie.
    Jy antwoord dit korrek met jou stelling: “Want dan voel ons beter oor onsself en ons eie siekhede (ek sou eerder sê swakhede) . Hoe pateties. Menslik, maar pateties.” Sad, but true…

  8. Hi

    Ou Pensie kannie die boek koop nie… die ponies galop orals rond, maar Exclusive Books het toegemaak in richards Baai en die dame by CNA het nie ‘n koekie se clue wie Yolanda Barnard is nie en nog nooit gehoor van die Ponies galop nie…

    Al afleiding wat Bierpens kan maak is dat die boek nie CNA se instock lys gehaal het nie…. Natasha se boek was so vlugtig oppie rakke gewees daar by CNA, maar het blybaar voete gekry …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: