`n Verandering is so goed soos `n vakansie

Howdy peoples

So, hulle sê `n verandering is so goed soos `n vakansie. Ek kan nogal daarmee saamstem. Meeste mense raak so elke nou en dan gatvol vir hulle werk. Alhoewel ek mal is oor my werk, is ek ook geneig om soms moeg te raak daarvoor. 

Ek is egter in die gelukkige plek dat sodra ek moeg is vir sub, ek gestuur word om vir die nuusmense te werk. More is dit weer sulke tyd. Een van ons gemeenskapskoerante se redakteurs gaan op verlof en dan moet ek in sy plek gaan werk. Dan is ek amper drie weke terug by die subs voor ek by `n ander koerant moet gaan uithelp.

Direk daarna gaan ek vir `n maand Kuruman toe waar ek vir `n joernalis wat op vakansie gaan moet instaan. Ek sien nogal uit daarna, alhoewel ek weet dat ek seker maar homesick sal word. As ek terugkom gaan ek vir twee weke op `n welverdiende vakansie – ek is seker ek sal dan moeg rondgerits wees.

Laat niemand sê `n joernalis se lewe is boring nie. Of stil nie, mind you. Moreaand het ons casino hier in Bloem `n media-aand in die vorm van `n “slot”-kompetisie. Smaak my `n mens dobbel en die span wat die meeste wen, wen`n kontantprys vir die charity van hulle keuse. Die beste van alles is dat elke span iets wen, die pryse begin by so R2000. Dit klink miskien nie na so  baie nie maar ek dink van hierdie mense kan regtig doen met die geld in die tye wat ons leef. Die eerste prys is R10 000. My ma is deur ons kerk betrokke by `n baie goeie liefdadigheidsorganisasie op Ladybrand, Vumani. Dit is `n huis waar kinders sonder `n heenkome bly en daar word na hulle gekyk. Hulle kry kos en klere en gaan in die dorp skool. Hulle mag ook glad nie bedel nie, dan mag hulle nie daar bly nie. Hulle word geleer hoe om so goed moontlik na hulself te kyk en het bv. `n florerende groentetuin waar hulle groente kry. Ek weet ook hulle kan doen met die geld. So ek is baie dankbaar vir die kans om te help.

Ewenwel, met die tipe goed word `n mens gewoonlik erg gewine en dine, so dit sal lekker wees. Ek probeer baie hard om te kyk na wat ek eet, en die tipe ding maak dit vrek moeilik. Ek het in die week vir die eerste keer in meer as drie maande sjokolade geëet en ek dink begin April die laaste keer wyn gedrink. Miskien moet ek maar more myself indulge

Vrydagaand is dit weer so `n storie. Hier word Vrydag `n nuwe gemeenskapradiostasie in Bloem geloods genaamd MedFM. Die launch gaan gepaard met `n dinee by Oliewenhuis Vrydagaand en yours truly gaan daar wees. Weer `n geëet en gekuier… 😉

So op die tema van kos het daar twee ontwikkelings in my nabye omgewing plaasgevind, een maak my baie bly en die ander is erge verleiding. Daar maak more `n lekker groot Fruit & Veg baie naby my huis oop en regoor die pad van hulle af gaan daar eersdaags `n Steers oopmaak. Fruit & Veg = good. Steers = bad. Ons sal maar sien waar kuier ek die meeste.

Nou ja, dit is al nuus vir vandag. Behalwe vir bogenoemde moet ek ook Saterdag twee foto’s gaan neem vir die koerant en gaan ek Sondag IPL kyk. Besig, maar pret.

Groete van huis tot huis
C.

Advertisements

5 Responses

  1. Hoe mis ek die Rosestad nie vandag nie… 😦

    Geniet die bedrywigheid. Klink of dit lekker kan wees!

  2. Sjoe dit klink opwindend! Jy moet dit geniet! 😆

  3. Klink asof jy ‘n bedrywige tyd het wat voorlê. Geniet dit.

  4. Ja dit klink baie lekker, ek weet egter nie of ek dit sou kon doen nie. Ek sal regtig nie omgee op die oomblik vir ‘n bietjie aangename verandering by die werk nie, ongelukkig kry ek net van die “winds of change” soort wat mens nie nodig het nie.

    Hoe gaan dit met die leesavontuur? Ek het darem intussen een van die boeke vir R10 tweedehands gekry en gelees, nou lees ek eers weer iets anders, en dan lê hier stapels digbundels wat wag om gelees te word. Ek sal een van die dae my lys byvoeg in die kantlyn van my blog.

  5. Kuruman! Ek was al ‘n paar keer op daardie dorpie. Vriendelike mense 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: