My groot Afrikaanse leesavontuur

Hallo almal

Soos ek reeds op ’n paar blogs gaan verkondig het, het ek onlangs ’n nuwe projekkie aangepak. Ek gaan lees. Wel, ek lees reeds meer as wat meeste mense doen maar die slag gaan ek AFRIKAANS lees.

Ek het elders op die Internet ’n goeie lys gekry wat verskillende tipes Afrikaanse boeke van goeie skrywers bevat en ek het laat waai. Ek nooi hiermee almal van julle om saam deel te neem en saam te gesels. Ek gaan probeer om na elke boek iets daaroor te skryf en te hoor wat die van julle dink wat dit ook al gelees het. Nou maar toe, laat ons ons deel doen om ons taal te bevorder. Ek glo vas dat sterk koerante, tydskrikte en veral literatuur ongelooflik baie bydra tot die bevordering van ons taal.

Sela
Corli

N.S. Kliek op die bladsy hier bo of volg die link om die lys te sien: https://corlivandermerwe.wordpress.com/my-groot-afrikaanse-leesavontuur/

Advertisements

3 Responses

  1. Corli,
    Die lys???
    Ek sou graag wou sien wat die aanbevole leesstof behels. Nie dat ek aldag lus het om deur die nuwe skrywers te werk nie, hierdie gevloek en “bedding” op die blaaie staan my nie aan nie. Goeie, werklik bindende FA Venter, Dalene Matthee of selfs Marianna Brandt tipe….
    ‘n link vir die lys asb jong…..Ek soek ook boeke wat ek vir die kinders kan voorlees, sonder om kort-kort te moet “PIIIEEEEP”. Ons lees alles. Het nou klaargemaak met Johan Badenhorst se voetspore om die kus via vuurtorings. Ek wou Stoffel in die Wildernis vir hul lees, maar hmmm
    Hulle het die ou PH Nortjé-boeke: Nuut onder die Son en die ander geweldig geniet. – Vrek ek blog op jou plek…. Laat ek waai

  2. […] 21, 2009 by Wipneus! Corli het ‘n projek aangepak.   Lees Afrikaans.  Die lys van boeke is […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: