Soos Kurt se liedjie: Op, af, op, af.

Hallo daar

My lewe die afgelope twee weke was bitter baie soos Kurt Darren se nuwe treffer. Dan op, dan af, dan op, dan af. Gelukkig was die algehele idee darem goed, veral soos ek nou hier sit. Dit het voorverlede week begin toe ek by die werk gehoor het dat ons oortyd nou baie ingekort gaan word. Dit is nogal slegte nuus vir my aangesien die oortydgeld wat ek vir naweekwerk kry `n hele paar gate in my budget toestop. So ek het laas week klaar bietjie beneuk ingegaan. Ek het Sondag gewerk en `n ontstellende gesprek met `n kollega gehad. Ek was dus reeds beneuk toe ek die Sondagaand so 18h00 by die huis kom. Ek het in my tuin gaan stap en dadelik opgemerk dat my een greenpepperboom nie lekker lyk nie. Die ding het sommer binne die bestek van 24 uur gevrek – hy was morsdood!

Toe ek `n kind was het ek altyd gewonder hoekom my ma so ontsteld raak as die hael haar plante slaan of  die tuinwerker dalk `n bietjie rof aan die bome snoei. Maar nou weet ek hoe erg mens raak ook jou plante waarna jy so mooi kyk. Ek was `n bietjie ontsteld oor die greenpepper maar gelukkig het ek nog vier ander bome en hulle groei mooi!

Anyway, die Maandag het ek weer met die verkeerde voet uit die bed geklim en so gaan werk. Daar was een of twee voorvalletjies by die werk wat my verder opgewerk het, ek sal maar liewer nie daaroor uitbrei nie. Die gevolg was dat ek na werk in `n vuurwarm stryery met `n kollega betrokke geraak het. Ek het erg skuldig gevoel en darem verskoning gevra. Die cherry op die vrot koek wat laas week was, was dat my ma Donderdagmiddag na werk in `n motorongeluk was. Sy is darem piekfyn maar dit was `n groot crash en my pa se Corolla het sleg gelyk.

Aanvanklik was ons baie skrikkerig dat die kar afgeskryf sou word. My pas was in `n flat spin en my ma was tranerig. So dit was minder lekker. My suster wou sommer van Johannesburg af ry om te kom kyk of alles orraait is. Ek het maar probeer om die vrede te bewaar en my ma huis toe gebring van Bloemfontein af.

Die volgende paar dae is daar baie gestres maar die uiteinde van die saak was dat die versekering laat weet het dat hulle die kar sal regmaak. Sy boekiewaarde is ook verhoog omdat hy in so `n goeie toestand is – `n kompliment vir my pa wat regtig sy goed baie mooi oppas.

Met al hierdie drama was ek verlig om bietjie goeie nuus te kry. Ek was ook veronderstel om vandag opleiding te kry by die werk maar aangesien ek `n groot deel daarvan reeds Donderdag gehad het, het ek toestemming gekry om dit `n skip te gee. Ek wou glad nie gehad het my ma moet alleen op die pad wees so gou na die ongeluk nie en sy moes natuurlik gister terugry Ladybrand toe, soos wat sy elke naweek doen omdat sy in die week by my bly. Dan sou ek ook sommer sit sonder `n kar. So ek was baie dankbaar toe ek die opleiding kon skip.

Nog goeie nuus is is dat die skaal darem begin beweeg in die regte rigting. Ek werk baie hard daaraan om gesond te eet so ek is baie dankbaar. Dit is nou wel `n uitdaging om by die huis ordentlik te eet maar ek doen heel goed. Ek eet baie slaai en in plaas van `n helse steak Sondagmiddag braai my pa vir my maer hoender. Nou moet ek net van die biltong af wegbly as ek rugby kyk!

Wel, dis my storie. Die lewe is mos maar so op en af maar solank mens darem nie net slegte nuus het nie, is ek tevrede!

Tara
C

Advertisements

4 Responses

  1. Jy moet darem net seker maak dat jy ook minder oortyd WERK as jy minder betaal word!

  2. Hou aan met daai probeer gesond eet. Voor jy jou ogies uitvee, is dit ‘n gewoonte en nie meer moeite nie. (Ek sukkel ook so effe met die biltong, moet ek darem net hier bieg…)

  3. C, jinne, laas week was net so af week gewees vir my, ek het al begin soek na die op maar die het verdwyn.. en ek dink ek is nog steeds opsoek na dit!

  4. Hau Miesies Corlia

    Agnes hy ry baie met die taxis; dan Agnes hy bid die hele pad. Die groot Nkozi moet engels stuur om Agnes op te pas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: