Aan die einde van `n era

Hi daar

Na die nuus in verskeie koerante gepubliseer is, is dit algemeen bekend dat Media24 deur `n herstruktureringsproses gaan wat beteken dat mense hulle werk verloor. Alhoewel daar baie negatiwiteit was aan die begin van die proses, moet mens nou sê dat die skade (altans in my omgewing) veel minder is as wat eers gedink is.

Dit beteken egter nie dat almal nog in die stoele sit waar hulle hulself vier maande terug bevind het nie. Daar is heelparty mense wat vrywillige skeidingspakkette geneem het en natuurlik `n redelike hoeveelheid wat op pensioen gaan. Hier by ons sal die eerste sarsie mense wat weggaan, vandag hulle laaste dag werk. Onder andere `n vrou, Betta van Huyssteen, wat letterlik al dekades by die koerant werk. Ons neem ook afskeid van ons eertydse boekeredakteur, Danila Liebenberg (Maretha Maartens se dogter), Corné Greyvensteyn, `n Sake24-redaksielid, Andrelise Meiring, grafiese kunstenaar en Nols Nieman, `n hoofredaksielid met baie jare se diens by Volksblad. Nog mense volg einde Maart in hulle voetspore. Dis nooit maklik om te groet nie maar ek wens van my kant af die mense net die beste toe.

Terwyl ek alweer van werk gesels, kan ek net sowel praat van my verandering in denkrigting wat my loopbaan betref. Toe ek as joernalis begin werk het `n skamele drie jaar terug, was ek vas oortuig dat ek my in die beroep sal bevind tot die dag wat ek aftree. Wel, ek is nie meer so seker nie. Ek weet net nie meer of dit die moeite werd is om na mense se absolute negatiwiteit oor die media te luister, swak betaal te word, uitgek@k te word deur al wat `n lid van die publiek is en so hard te werk dat jy omtrent bly lê – net sodat jy soos `n stief kind behandel kan word nie. Ek begin wonder of ek nie maar oor `n jaar of twee moet begin kyk vir `n werk as skakelbeampte, PRO of publicist nie. Alhoewel die mense tradisioneel `n minder veeleisende werk het as joernaliste en beslis minder spertye het en druk ervaar, word hulle BAIE beter betaal en is daar heelwat meer addisionele voordele aan hulle werk. Miskien moet ek dit maar oorweeg. Maar aan die ander kant was my droom nog altyd om `n joernalis te wees, ek weet darem ook nie of ek dit kan laat gaan, net oor `n werk nie altyd is wat jy gedink het dit is nie. Ag wat, tyd sal leer…

Groete
CJ

Advertisements

One Response

  1. Die lewe loop soms ander draaie met ‘n mens as wat jy verwag. Maar met tyd kom – hopenlik – raad!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: