Die beste kombuistee van alle tye

Hallo almal

Sjoe, wat `n lekker naweek! Ek wou eintlik Donderdag blog oor die naweek wat toe voorgelê het maar as `n mens `n groot geheim hou is jy so bang iets lek uit.

`n Baie goeie vriendin van my, Emmie, trou op 4 April op Graaff-Reinet. Emmie bly op Robertson, terwyl die res van die vriendekring versprei is tussen Bloemfontein, Kathu en Johannesburg. Dit maak dit bietjie moeilik om `n kombuistee te reël. Na `n lang geredekawel is daar besluit dat die beste idee sal wees om Emmie op te vlieg na Bloemfontein en die kombuistee hier te hou. Die Johannesburger en Kathutter sou die trippie maak Bloem toe.

Na `n helse gekonkel het Emmie Vrydag op die vliegtuig geklim Bloem toe, vas onder die indruk dat haar ouers vir haar `n vliegkaartjie gekoop het om vir hulle te kom kuier. Ons het die fabrikasie gereël met haar ouers, verloofde, beste vriendin op Robertson en werkgewer se hulp. Dit was `n helse storie. Emmie is `n baie slim ouditeur, dis wragtig nie maklik om haar te fool nie.

Ewenwel, ons het haar op die lughawe ingewag met `n banner, streamers,  helium-gevulde balonne, blomme en `n videokamera. Die mense het ons aangestaar en sommige het sommer geskater van die lag. Emmie was doodverbaas om ons op die lughawe aan te tref en het erg verleë gelyk oor al die aandag van die omstanders.

Die naweek self was `n fees. Jolice en Houding het onderskeidelik Vrydagaand en Saterdagoggend by my, Bernie, Marianne, Ester, Truidie en Emmie aangesluit. Saam het die agt van ons ontbyt geëet, `n hilarious kombuistee gehou, op `n memory lane trippie op Kovsie-kampus gegaan, roomys geëet by McDonalds, gebraai en drinking games gespeel tot ons gelê het van die lag. Dit was hemels.

Ek was erg depressief na die klomp gister gery het en ek is nou nog bietjie sad. Dis so moeilik om almal bymekaar te kry en dit sal seker net nog moeiliker raak soos almal trou, trek en kinders kry. Dit laat my net weer besef hoe kosbaar goeie vriendskappe is en hoe mens dit moet waardeer terwyl dit nog moontlik is om by mekaar uit te kom. Noudat dié naweek verby is, begin ek al uitsien na ons volgende kuier – die naweek van 3-5 April op Graaff-Reinet vir Emmie en Rohan se troue. Ek kan nie wag nie!

PS. Sal later `n paar foto’s van die naweek opsit. Enjoy!

Advertisements

One Response

  1. Dinge neem sy loop, en wanneer ons eendag op die ouetehuis se stoep sit en son soek teen die bewerasies, dan diep ons hierdie herinneringe op. Mense wat jou padlangs kom, ‘n nag of twee huiwer, en verbyvaar. Ander wat langer oorstaan en dan ‘n kneusplek laat met hul weggaan. Maar dan is daar dié wie se weggaan ‘n seerplek met ‘n lelike litteken laat, die seer hou nie op nie, die onthou raak nie weg nie, en wanneer julle mekaar dalk eendag êrens raakloop, kuier julle weer 24 uur om, sonder te weet hoe.

    Of, die gevolg van hierdie kleiner wêreld waarin ons leef: familie wat skeur, omdat ons oor kontinente verspreid lê – wanneer sien ek my broer ooit weer?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: