Wie sou geraai het!

Hallo daar

Soos `n paar van julle het ek ook die blogger quiz gedoen om te sien watse tipe blogger ek is. En raai, raai…

journalist
Journalist

Your blogging style makes you known as The Journalist. You love recording. You record the events that happened to you during the day, and you usually note them down in a fluent and formal language. You normally receive a lot of props and comments since you are sociable and it is comparatively easy to give you a comment. Seldom will a journalist write about his/her VERY personal feelings on a blog especially for secrets which are secrets to them!

Nou ja, ons almal weet wat doen ek vir `n lewe, so dis seker nie `n groot verrassing nie. Ten minste het ek vir die soveelste keer weer `n teken dat ek in die regte beroep is. Wens net dit het meer betaal…

Ek het onlangs twee nuwe projekte begin wat my deesdae besig hou. Die een is bietjie meer pret as die ander. Die prettige deel is die groentetuin. Ek wou vir jare lank nie tuinmaak nie, ek het `n onaangename ervaring gehad waarvan julle hier kan lees.

Ewenwel, ek het skielik daaroor gekom en `n groentetuin aangelê. Ek het nooit besef dit kan so vervullend wees om jou eie goedjies te sien groei nie. Tot dusver het ek broccoli, green peppers, boontjies en tamaties. Ek het blaarslaai ook gehad maar hulle het saad geskiet. Laas week het ek uie, grasuie, wortels, brussel sprouts, nog blaarslaai en radyse geplant. Ek wil vanaand bietjie plek maak vir patty pans en ertjies. Ek het ook grasuie en seldery gekoop, die kan mens sommer in potte plant.

My grootste probleem is spasie, `n meenthuistuin is ook net so groot. Maar ek maak die beste van wat ek het en ek geniet dit baie. Plus, groente is vrek duur deesdae so ek spaar baie. Die van julle wat dalk ervare is in die tuin-afdeling moet tog raad uitdeel – elke bietjie help!!

Die tweede ding waarmee ek my besig hou is oefen. Ek is nou siek en sat vir hoe ek lyk en werk al `n rukkie daaraan. Ek het vir my `n oefenfiets gekoop en trap die ding dat dit klap. Toe ek begin het was ek so onfiks dat ek skaars 5 minute kon trap. Nou trek ek al by `n halfuur en maak dit bietjies-bietjies meer. Ek het ook vir my `n slaansak gekoop en in my garage opgehang. Ek voel `n klein bietjie butch as ek die ding takel met bokshandskoene en al maar dis die moeite werd! Dis regtig goeie oefening, om nie te praat van al die frustrasies waarvan ek ontslae raak nie!

Ek het `n groot naweek wat vir my voorlê. Wil nie te veel daaroor praat nie maar ek sal Maandag alles kom vertel. Hoop dit gaan goed met julle almal!

Groete
C.

Advertisements

One Response

  1. Twee groot projekte groentetuin en oefen, maar gelukkig kan mens die resultate sien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: