Joost se video, Steve en Huisgenoot en jammer

Hallo daar

Ek verwag half om slae te kry vandag. Dis MAANDE sedert ek laas geblog het. Ek wens ek kan die datums onder die bloginskrywings uitvee. Ek gaan nie vreeslik verskoning maak nie, blog was ongelukkig net nie `n prioriteit die afgelope paar maande nie. Maar ek is nog hier! So kom ons gaan aan…

Dis `n pragtige dag in Bloem, na laas week se reën is ek bly om bietjie son te sien. Ek is baie groot op reën, daar is vir my niks lekkerder nie, maar die sonlig is darem welkom na vier dae se wolke.

Ek het ook onlangs `n groentetuin aangelê en net voor die groot reën Woensdag gekom het, het ek nuwe saadjies plant. Reën is baie welkom net nadat mens geplant het maar ek was bang die goedjies spoel bietjie weg. Gelukkig begin daar nou groenigheid kop uitsteek in my tuintjie, so ek dink hulle het dit gemaak.

Ek werk nogsteeds by die Volk se blad, alhoewel daar verskeie mense hier geraak is deur `n “herstruktureringsproses”. Retrenchments is wat dit eintlik is. Ons maatskappy is egter nie die enigste nie, ons vernaamste mededingers gaan deur dieselfde dinge. Dis maar `n teken van die tye, die ekonomie wurg almal daar buite. Ek was baie gelukkig om die valbyl vry te spring en na `n aanvanklike depressie oor die mense wat hulle werk verloor, waardeer ek weer werklik my werk. Dis `n lekker ding om terug te hê, ek het dit bietjie verloor in `n stadium.

Groot nuus in die media, en natuurlik oral in die land, is die hele Joost-storie. Dis baie interessant om hier by `n koerant te sit en joernaliste se opinies daaroor te hoor. Baie mense hier is daarteen dat die storie enigsins gepubliseer is, ander dink weer dis nuuswaardig. Ek hoop maar net dit is wel Joost in daardie video, anders is die man `n gruwelike onreg aangedoen.

My ervaring is dat `n koerant 100% seker maak van hulle feite voor hulle so iets publiseer en ek reken Rapport en Heat het dit sekerlik gedoen. Maar ek is glad nie beïndruk met Rapport nie. Die koerant raak `n sensasiebewuste publikasie wat net skuins duskant `n tabloid is in styl. Ek wonder of ons meer van dieselfde kan verwag van hulle nuwe redakteur, aangesien hierdie die eerste GROOT storie is onder Liza Albrecht se heerskappy. Ek flippen hoop nie so nie.

Dan is daar die ongelooflike snaakse storie van Steve Hofmeyr en Huisgenoot. Ai, gaan dit nooit einde kry met hulle nie. Huisgenoot het in die week se uitgawe `n artikel gedoen oor die bloedklont wat Steve amper in die moeilikheid laat beland het. Maar hulle het in `n prik in die storie bloedklont verkeerd gespel (`n lettertjie uitgelaat) wat dit vinnig in `n lelike woord verander het. Die mense hier spot vreeslik daarmee, seker omdat ons almal weet hoe maklik so iets gebeur. Joernaliste maak ook foute, en as `n sub (wat verantwoordelik is vir taal en kopie in `n publikasie), kan ek vir julle sê dat mens moet vrede maak daarmee. Almal maak foute. Ek is net flippen bly ek het nie daardie fout gemaak nie! 😉

Groetnis
C.

Advertisements

6 Responses

  1. Ek dink dis die eerste keer dat ek hier comment?

    Welkom terug! Bloedkont of te not. 😉

  2. Hoe oud is Rapport nou? Ek dink ek was in die laerskool toe Meneer afgekondig het ons pa’s kan die nuwe Sondagkoerant weekliks uit die dorp laat aflewer. Van toe af was Rapport sensasiebehep, so ek sal verstom wees as dit ooit verander!
    Goed om jou weer hier te sien!

  3. Welkom terug! Al gedink jy is land-uit… 😉

  4. Dankie vir die verwelkoming julle. Ek het reeds weer `n slag rondgeloer op die blogs en dis lekker om terug te wees. Soos altyd is daar baie om oor te praat!

    Groete
    C.

  5. jy’s ewe min beindruk met rapport oor die joost storie; dis maar my gevoel ook met my blog waarop jy geblog het.. ek is duidelik verkeerd verstaan

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: