It’s been a while, darling…

Gegroet geveerde vriende

Okay, so it’s been a while. Ek blameer kapitalisme en sosialisme en kommunisme en enige ander isme vir die feit dat ek deesdae nie my stertkant van my bokant ken nie. Weens `n gebrek aan belangstelling. Hah, ja, ek is vandat julle laas van my gehoor het van my rocker af. Of nie eintlik nie, ek is maar net besig. Ek begin wonder of ek op die ouderdom van 26 met `n brose paar jaar as joernalis agter die rug reeds moeg is vir skryf en lees – twee van my groot passies in die lewe. Miskien is dit hoekom ek so min hier kom kuier het die afgelope ruk (blasphemy, ain’t it!).

Nee wag, ek jok. Dié is `n wonderlike plek, propvol Internet-vrinde. Ek like dit so nou is ek terug. Ongelukkig het daar nie veel in my lewe gebeur die afgelope ruk nie. Ek werk maar, moan oor die verkeer en petrolprys, sit my liefde/haat verhouding met my werk/werkgewer voort, wil-wil soms kollegas vermoor en koop trou/kitchen tea geskenke dat dit klap. Ja, dis reg – ek is nou op die ouderdom dat amper elke vriendin wat ek het al om die beurt voor die kansel gaan staan.

Ek het tot op hede 11 troues van vriende bygewoon. En van Oktober tot April het ek nog 5 in my dagboek aangeteken. En terwyl dit lekker is om baie maatjies te hê, raak ek nou gatvol vir die storie. Veral oor elke blerrie troue `n herinnering is dat ek sooooo nié getroud is nie. En die funny ding is dat ek nie juis `n skreiende behoefte het om nou deel te wees van `n double nie. Dis baie vreemd wat die samelewing se druk en verwagting aan mens doen. Laat mens worry en stres oor iets wat nie eers nou belangrik is vir jou nie. Is ek die enigste een wat dié probleem het? Darem hoef ek nie te bekommer oor dates vir dié troues nie, Rudi is altyd gewillig. Hehe…

Okay, so behalwe troues en dies meer is daar natuurlik werk. Dié gaan heel goed, behalwe dat my taal tekortkominge my soms pla. Ek werk darem daaraan om die storie reg te kry maar dit help nie dat mense wat reeds 15 jaar sub steeds vertel hoe min hulle actually weet nie. Vandat ek by Volksblad is het ek reeds `n aanbod van Finesse ontvang om by hulle te gaan werk as artikel redakteur en ek het `n koerant van Dubai op my spoor gehad om by hulle (vir `n belastingvrye salaris, woohoo!) te kom werk. Ek het al die versoekings weerstaan en by my besluit gebly om my joernalistieke tande by die Volksblad te slyp. Ek hoop dit was die regte besluit, tyd sal maar leer. Gelukkig glo ek dat ek steeds sal aanhou om groot geleenthede te kry, hoekom sal dit ophou? As ek vandag die moeite werd is om `n wonderlike werk te kry sal ek more mos ook wees. Eintlik soveel meer soos ek meer ondervinding kry. Ek was regtig al baie gelukkig as dit kom by geleenthede in my loopbaan. Intussen werk ek hard en probeer my bes om soveel as moontlik te leer. Klink ek nie net soos `n voorbeeldige dogtertjie nie, hehe…

Dis genoeg geblog vir eers, vir nou nie die ding oordoen nie. Dis lekker om terug te wees. Hallo aan al die bekendes, ek besoek julle blogs sommer nou.

Cheerio
C.

PS, Dankie aan Nelba vir die benoeming as `n nice blog – you are too kind. Jy het my oortuig om weer ietsie te kom sê. Mooi bly!

Advertisements

One Response

  1. Op ‘n stadium was ek in dieselfde posisie as jy wat betref die nie-getroud wees terwyl -almal-‘n- maatjie- het. En ja, dit kan nogal goor wees as mense jou wil indruk in al wat verhouding is. Ek verlaaaang baie dae na daai alleen en sonder sorge ( wel, relatief! ) dae. Maar ek dink tog ek was reg vir ‘n verhouding toe dit wel gebeur het. Jy sal weet wanneer.

    Lekker werk en dankie dat jy weer kom inloer het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: