Snaakse soekterme en harde dae by die werk

Hi daar geveerde vriende!

Wel, dié week was sover net `n oefening in klippe kou! Sjoe, hoe erg kan dit nou regtig raak. Ek is maar dankbaar ek geniet my werk want dit maar dié tipe dae darem draaglik. Almal het maar dae by die werk wat hulle opkou en uitspoeg so ek sal nie te veel daaroor kla nie. Vandag was reeds baie beter as gister en Maandag. En more is Donderdag, altyd `n rustige dag in ons kantoor!

Ek moet sê ek giggel nogal lekker vir die snaakse soekterme wat my stats vir my uitspoeg! Maandag het ek een gekry – “die duiwel – foto’s”. O hel, my amper flou gelag! Kyk, dit sal nou die grootste scoop van alle tye wees – as ek nou `n paar kiekies kan kry van die rooi draak homself! Dan slaat ek nou `n straight six (Beeld, Burger en Volksblad voorblaaie op dieselfde dag) en sommer vir good measure `n Rapport voorblad ook! Miskien as ek sulke lekker bewyse van Satan homself kan kry sal meer mense in hulle spoor begin trap. Soos die klomp wat mekaar se uitmoor in die naam van die nuwe, supergewilde X-woord. Of dalk ou Steve Hofmeyr! Daar is niks wat `n man se gulp so mooi toehou as `n vrees vir die ewige oond nie!

Nog `n snaakse soektog wat my oog gevang het is “basiese inkomste vir ‘n joernalis”. Ek sien al hoe sit `n aspirant joernalis en Google om te sien hoeveel geldjies hulle in die bank kan verwag. Wel, ek kan vir julle sê – nie veel nie. Maar jy sal kan leef. Jy sal nie voor jou middeljare `n huis kan koop nie maar jy een keer `n jaar kan weggaan vir vakansie. Jy sal nie oorsee kan gaan nie maar as jy vir my maatskappy werk sal jy `n uitstekende medies en pensioen kry vir jou moeite.  Soos alle beroepe verskil salarisse egter drasties van maatskappy tot maatskappy en selfs van dieselfde vlak pos tot die volgende.

Maar moet dit nie doen as dit nie `n passie is nie – dan kan jy eerder `n ouditeur of dokter word en jou sakke geld met `n tienton trok huis toe ry. Snaaks genoeg ken ek ook nie juis veel joernaliste wat die beroep gekies het net oordat hulle iets móés kies nie. Meeste is mense wat lief is vir lees en skryf en wat `n passie het vir die media.

Anyway, wil bietjie weet of een van julle al ooit Kathy Reichs se boeke gelees het? Ek het haar onlangs ontdek na ek `n bloutjie met Patricia Cornwell geloop het. PC se skryfstyl staan my nie juis aan nie, eerste keer in `n lang tyd wat dit met my en `n skrywer gebeur aangesien ek omtrent enigiets lees. Maar so deur my mishap met Cornwell ontdek ek toe vir Reichs en VOILA! Ek is mal oor haar boeke en het sommer vier in `n week se tyd gelees. Ek kan dit net nie los nie. Moet sê, die afgelope reënerige naweek in die Oos-Vrystaat het ook baie bygedra tot my lees-marathon. Dit was lekker!

Ek het gisteraand saam met `n klomp pelle Indiana Jones gaan kyk. Dít was nou lekker. Indy op sy beste as jy my vra – net `n (hele) paar jaar ouer. Daar kom nou binnekort `n paar baie nice movies uit en ek maak my reg vir Dinsdae by die kine’s. En ek kan nie wag nie! Nog iets waarvoor ek nie kan wag nie is die naweek. Ons het `n lekker braai by my huis saam met `n klomp pelle en ek sien baie uit!

Eintlik het ek nie vreeslike nuus nie so ek gesels sommer net. Laat hoor maar van julle!

C.

Advertisements

5 Responses

  1. Hi! Iemand het naakfotos van Steve H gesoek. Duh?! Ek kry giere vir lees. Op die oomblik lees ek langtand aan ‘n Nora Roberts terwyl ek die vorige boek van haar nie kon neersit nie.

  2. Ek het so klomp boeke wat vir my wag om gelees te word. Maar by die tyd wat ek in die aand wil lees, dop ek net om en slaap. Nee ek ken nog nie vir Kathy Reichs nie.

    Geniet die braai!

  3. Oooeee, as ek en van jou vorige inskrywings onthou kan jy spyt wees oor die kuier met pelle!

    Geveerde vriend?
    He, he, oukei, ek verdwyn…

  4. Kathy Reichs ROCK! Ek het al haar boeke gelees sodra hulle uitkom, nadat ek op een slag met die eerste drie kennis gemaak het. Haar nuutste twee staan in my boekrak en ek wil dit nie lees nie, want dan is die lekker te gou verby!

    Het jy al Elizabeth George gelees? Ook een van my gunstelinge.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: