Linda Phillips

En dit is omtrent wat ek weet! Ek kry nie `n foto van die vrou nie, dis asof sy nooit bestaan het nie – laat staan nog vir `n jaar die mees celebrated vrou in Suid-Afrika was nie. Miskien was dit oor ek so laat in die jaar verjaar dat haar glorie amper verby was teen die tyd dat ek gearriveer het!

As ek dalk bietjie disleksies tik of snaakse goed kwytraak moet julle my asseblief verskoon – ek het `n effense hangover vandag. Ons het gisteraand `n mediafunksietjie gehad wat bietjie te lekker was. Supersport het die storie vir ons sportjoernaliste aangebied en meeste van Bloem se sportjoernaliste was daar. En `n paar ander groot name soos Oom Ewie Cronje (wyle Hansie se pa, as julle nie weet nie)het ons gejoin. En daai man se sportkennis is ongelooflik!

Die aand is gehou in die vorm van `n sportvasvra en daar was vrae oor sokker, rugby, gholf, krieket en `n oudio-visuele komponent. Het heerlik geëet (en ongelukkig gedrink) op Supersport se rekening en bietjie met Darren Scott wat MC was gechat. Ons spannetjie het ook nie te sleg gevaar nie, het derde gekom, net so vier punte agter die wenners!

Maar nou moet ek blaaie uitlê en opskrifte skryf en my kop is suf. Ek het darem al `n greasy toasted gehad wat ontslae geraak het van die ergste edge. Vanmiddag vier uur klim ek in my kar en gaan bietjie huis toe vir die naweek. Wil bietjie die rugby saam met my pa gaan kyk. Ek het al onder my Joernalis-afdeling `n rubriek gepost wat ek geskryf het my en my pa se unieke rugby kyk maniere. En dis weer sulke tyd!

Ek hoop al die Stormers en die Bulle en die Leeus en ons arme, arme Cheetahtjies staan more bankvas agter die Sharks. Ek het hulle baie jammer gekry toe hulle laas jaar die bekertjie weggegooi het teen die Bulle, hopelik kan hulle in die volgende twee wedstryde regmaak.

Lekker naweek vir almal
C.

Advertisements

5 Responses

  1. Geniet jou rugby kyk saam pa.

    Lekker naweek vir jou ook

  2. Ek is so oud dat ek net die naam van my Mej SA kry en geen foto’s opspoor nie…

    Geniet jou naweek! Ons sal natuurlik tong-in-die-kies vir die Sharkies skree… daar is mos van ONS bokke in daardie span.

    Nou ja!

  3. So jammer hulle het dit nie gemaak nie, maar in alle eerlikheid was hulle spel nie naastenby wat dit verlede week was nie.

  4. Ek het myself ook voos gesoek na iets oor Linda Phillips – niks gekry nie!

  5. Somehow i missed the point. Probably lost in translation 🙂 Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Portliness!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: