Die koop van boeke

Hallo daar

Soos baie middelklas mense daar buite begin ek ook die knyp van `n krimpende ekonomie en stygende oliepryse en rentekoerse voel. Aangesien ek nie `n familie het om te onderhou nie is dit nie so `n groot krisis vir my nie maar weens my spesiale verhouding met my Standard Bank-kredietkaart kan ek dit ook nie ignoreer nie. So nou wil ek probeer om bietjie minder geld te spandeer en eerder te spaar.

As deel van die idee het ek twee goed geidentifiseer waar ek beslis kan spaar. Die kleiner versoeking wat ek het is die onthaal ding. Ek spandeer doodeenvoudig te veel geld op kos en om my vriende te onthaal of saam met hulle te kuier. Ek sal bietjie moet afskaal en/of slimmer te werk moet gaan. Dalk meer hoender braai en minder steak, if you get my drift. Kos het verskriklik duur geword en as ek bietjie wil spaar sal ek regtig minder draaie by my friendly neighbourhood Checkers moet maak.

Die gróót probleem is eintlik my boeke kopery. Ek kan net nie `n boekwinkel ignoreer nie en nog minder `n boeksale van enige aard. Exclusive Books het jaarliks twee uitverkopings, `n winter en `n somer een, en ek koop gewoonlik hier by tien boeke op elk. Dan sal ek tussendeur die nuutste boeke van my gunsteling skrywers koop. Skrywers op die lysie is Terry Pratchett, Deon Meyer, Jodi Picoult, Jonathan Kellerman en Bill Bryson. Die oomblik wat daar `n nuwe boek van een van hulle op die rak is koop ek hom. Maar dis nie al nie. Ek kry so nou en dan `n bevlieging en gaan koop `n paar boeke. Dit gebeur baie min dat ek net een koop. Óf ek leer `n nuwe skrywer ken en dan wil ek net daai ou se boeke lees. Dan koop ek weer. Dis soos `n siekte.

Anyway, so drie weke terug hang ek rond op Kalahari en Take2 se websites. En loop `n paar GROOT specials raak. En ek bestel weer boeke. Ek gaan nie sê hoeveel nie want ek voel te skuldig. Ewenwel, die boeke kom vandag. En dit is die laaste vir so lank as wat ek kan uithou. Ek gaan ook begin neerskryf wat ek spandeer want ek het uit ondervinding geleer dat mens dan minder geneig is om jou geld voor die voet uit te gee. Ek sal maar kyk watter verskil dit maak. Selfdissipline is nie my sterk punt as dit by sulke dinge kom nie maar ek probeer darem. Ek is seker ek is nie die enigste een wat met die tipe dinge sukkel nie!

Wees gegroet, geveerde vriende.

 

Advertisements

5 Responses

  1. Nee, jy is wraggies nie die enigste een wat sukkel met die probleempie nie. Die rentekoers en petrolprys is besig om ernstig in te meng in ons liefde vir boeke en goeie musiek.

  2. Ek ook, ek probeer darem elke maand net ‘n sekere begroting spandeer, maar dit veroorsaak weer dat ek by party duurder boeke nooit uitkom nie. Geniet maar die wat jy nou gekry het! (En kry jy nie darem nou en dan vir resensies doen verniet nie?)

  3. Ek sal ook moet afskaal op die onthaal.
    Boeke koop ek sal harder moet soek vir winskopies. Ek gee heeltemal te veel geld uit op boeke. My kredietkaart word elke keer gebuig in Exclusive 😉

  4. Ek eet eerder pap en dra laasjaar se klere, maar boeke sal ek bly koop!

  5. Nee, jys nie die enigste een nie!! Ek het vir die nuwe huis wat nog gebou moet word, duidelik instruksies gegee, daar MOET ‘n biblioteek wees!! EN ‘n leeshoekie….. so asof ek die tyd het daarvoor! Ek kan gewoonlik nie eers mooi uit my bed opstaan met al die boeke om my nie! Baie van my boeke het ek selfs nog nie eers gelees nie! Lekker lees en geniet dit!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: