Geloof, die Here se genade en ons lewe elke dag

Toe my vriendin Loraine Kalp Maandag by dié kantoor instap was dit nie lank nie of haar naweek se wedervaringe het oor haar lippe geborrel soos iets wat net nie kon binne bly nie. Loraine het die naweek `n storie gedoen wat haar ooglopend diep geraak het. 

Vir die van julle wat nie van die storie gehoor het nie, `n plaasboer van Ficksburg, Jacques Moll, is die naweek wreed vermoor terwyl sy vrou en `n buurman gewond is. Dié mense is almal groot gelowiges. Sy seun, Jacques jnr, is amper ook doodgemaak. Hy het egter hardop in die naam van die Here gebid dat die aanvallers se geweer nie sal skiet indien hulle die sneller trek om hom te vermoor nie.  En die wonderwerk was dat toe die aanvallers hom wil vermoor het hulle geweer se sneller vasgehak en kon die skoot nie afgaan nie. Hulle is op die ou end toe van die plaas af weg en het Moll net daar gelos – lewend. Lees vandag se berig daaroor hier http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2322616,00.html

Toe Loraine Maandag by die kantoor instap was die eerste ding wat sy vertel het, hoe ongelooflik gelowig die mense is, ten spyte van die moord en wrede aanval. Van hoe hulle net nie wil hê dat die voorval rassehaat laat ontvlam nie maar eerder Christene aan die Here laat klou. Ek leef in `n wêreld waar slegte nuus elke dag by die kantoor instroom, dít terwyl ons deesdae die goeie nuus met `n sterretjie in die koerant merk – kyk hier, hier is darem bietjie goeie nuus!

Joernaliste is nie noodwendig sensasiebelustige psychos wat begin giggel as daar moord, doodslag en korrupsie is nie. Ja, ons wil diegene wat verkeerde goed doen aan die pen laat ry, ons vervul tog die waghondfunksie van die media. Maar verreweg die meerderheid van ons, staan undercover `n knop in die keel en wegsluk by `n motorongeluk waar iemand dood is. Ek was nou die dag in Universitas Hospitaal se intensiewesorgeenheid vir vroeggebore babas. Daar was net joernaliste teenwoordig en dit was baie duidelik dat dié klein babatjies ons almal amper in trane het. Ek sal dit nie sommer vergeet nie. Jy het in jou lewe nog nie sulke klein babatjies gesien nie.

Dis tog snaaks hoe ons mense is, veral die van ons wat gelowig is. Ons glo miskien dat die Here vir ons sonde gesterf het (miskien) maar ons glo beslis nie dat ons kan staatmaak op die vele beloftes wat die Here vir ons gemaak het nie. Wat dink Christene miskien beteken  “uitverkore volk”. Ons worry oor alles, want almal om ons worry. Maar ons weier om te glo dat die Here sal sorg.

Ek is net so skuldig daaraan. Ek het nie baie lank terug nie nog geworry oor my onmiddelike toekoms. Dít terwyl ek in my hart glo en wéét dat die Here my seën in my beroep want hy het `n spesiale plan met my. En dít is iets wat ek nie aan twyfel nie. Maar die alledaagse goedjies soos geld en primêre behoeftes laat my worry. En vandag skaam ek my daaroor. Want as ek, wat so baie in die lewe het, worry oor of ek altyd finansieël die mas gaan opkom, hoe noem ek myself dan `n Christen in die aangesig van Jacques Moll wat in die loop van `n geweer gestaar het en op die naam van die Here vertrou het om hom te red. Ek skaam my nou maar ek weet dat Jacques Moll snr. nie verniet gesterf het nie. Mense soos ek en Loraine sal hom altyd onthou.

  

Advertisements

2 Responses

  1. En hier ontdek ek jou nou eers.
    Goeie inskrywing.

  2. Met wat onlangs in ons omgewing gebeur het, het ek agtergekom dat gewone mense die grootste nonsens stories kan opmaak, ek kry nou eintlik meer vertroue in professionele joernaliste.
    Hierdie plaasmoord het ons natuurlik nie van gehoor hier in Gauteng nie – dit word mos van ons weggehou. Sterkte vir julle ook, ek is seker mens kan nie onaangeraak deur so ‘n storie gaan nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: