Guilty as charged

Hi daar

Ek was `n absolute power blogger vir baie lank. Dit is seker geen verskoning nie maar my lewe was so `n warboel die afgelope tyd dat ek nie vir enigiets anders kans gesien het as die basiese daaglikse funksies nie.

Hier is die storie in kort. Toe ek by die Volksblad aangestel is was dit op `n jaarkontrak met die veronderstelling dat ek binne die loop van die jaar permanent aangestel sou word. Ek het nooit daaroor geworry nie want my base was baie gretig om die aanstelling deur te kry. Maar in die tyd wat ek begin werk het, het daar grootskaalse veranderinge in die maatskappy gekom wat die situasie ietwat gekompliseer het.

Toe ek teen begin Maart van vakansie af teruggekom het was die mense in my kantoor reg om my aan te stel maar weens besluite in hoofkantoor geneem was dit `n vreeslike gesukkel om dit geapprove te kry. Ons het letterlik van toe af gesukkel om dit gedoen te kry en ek het naderhand gedink dit gaan nooit gebeur nie. Die implikasies van die situasie was dat ek sou moes trek vir ander werk indien my aanstelling nie sou deurkom nie. En ek wou baie beslis nie!

Intussen het `n nasionale tydskrif my genader om as artikel redakteur by hulle te werk. Ek het deur `n reeks onderhoude gehad en dit baie ernstig oorweeg om die pos te aanvaar, sou hulle dit vir my aanbied. Wat hulle toe ook gedoen het. Soos die lewe maar werk het die VB die dag voor dit my aanstelling bevestig en ek het `n kontrak gekry om te teken. So ek moes kies. Wat die deurslag gegee het is die verskil in voordele tussen die maatskappye. Die voordele waar ek tans is, is heelwat beter. Ek het besluit om te bly. Eindelik het ek weer vrede in my hart. Ek was baie jammer om die ander geleentheid te moet laat gaan maar die besluit was reg vir my in my huidige situasie.

So tussen dit alles kon ek net nie genoeg krag bymekaar skraap om te blog nie. Ek het skaars genoeg energie gehad om my vriendskappe aan die gang te hou – al wat ek gedoen het is worry. Maar nou is dinge weer piekfyn en die lewe gaan aan. So is die lewe maar!

C.

Advertisements

7 Responses

  1. Hi! Baie geluk met die aanstelling. Ek wag vir my call back en die senuwees knaag maar. Daar is darem nie druk dat ek dit moet kry nie. Hoop jy kan meer gereeld hier kuier….

  2. Ek is bly dit het uitgewerk, vir my klink die werk by ‘n tydskrif dalk lekkerder as by die koerant, maar mens se eerste prioriteit is mos maar kos op die tafel, en in die werklike lewe is dinge ook maar ver van so idillies as wat dit klink.
    Veels geluk met jou aanstelling.
    Ja, ek hoop ook jy kry meer tyd of vir ons gratis en verniet te skryf!

  3. Ek is bly jy is terug. Ek is geneig om met KoP saam te stem oor die tydskrifwerk, maar mens moet doen wat vir jou reg voel.

    Moenie weer so lank wegbly nie 🙂

  4. gaaf om te ontmoet.
    altyd lekker om ‘n joernalis se blog te lees 😉

  5. Congrats! Bly jy’s TERUGGGGGGGGGG!!!

  6. Ons nuwe Virtuele Leeskring is dalk net die plek waar jy ‘n paar minute wil kom verspeel, en sommer ook aansluit.

    Groetnis!

  7. Geluk met jou aanstelling.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: