I’m BACK baby!

Hallo daar

My mede-bloggers het seker gedink ek is landuit of iets maar ek was bloot net op vakansie. Amper `n hele maand lank en glo my dit was baie lekker! Toe ek hier weg was, was ek uitgeput en ek het geen krag of energie vir enigiets gehad nie. Maar dis nou iets van die verlede. Na `n lekker laaaang vakansie is ek weer lus vir die lewe, liefde en tot vir werk!

So, wat het gebeur terwyl ek weg was? Ek het bietjie op die ander blogs probeer loer maar daar is te veel wat in `n maand+ gebeur het om mee op te vang. Julle moet maar die highlites kom post op my blog dat ek op datum kan kom. Die afgelope maand was wel baie traumaties vir al wat `n Bloemfonteiner is en met goeie rede. Om te dink ek het die hele storie gemis! Eintlik is ek redelik dankbaar daarvoor want soos almal werk dié hele Reitz storie my woes op. Ek is immers `n oud-Kovsie so natuurlik het ek `n opinie.

 Maar vir sulke dinge is ek nie vandag lus nie! Ek is in `n vrolike bui, dit is Donderdag en dus stil in die kantoor en ek het `n heerlike naweek om na uit te sien. Ek gaan die naweek saam met `n groep vriende naby Rouxville uitkamp en die hoofaktiwiteit van die naweek (behalwe die kuier) is Saterdagoggend se white water rafting. O jitte – ek sal maar bieg. Ek is vrek bang vir dié storie!

Anyway, ek is seker dit gaan vrek lekker wees. Dit gaan `n klomp van ons van Bloemfontein wees, `n vriendin en haar ou van Robertson en `n vriendin en haar man van Daniëlskuil. Ons was almal saam op Universiteit en in dieselfde koshuis en ons kry maar so twee keer `n jaar die kans om almal saam te kuier. So ek weet ek gaan Sondagaand STOKFLOU by die huis kom maar dit sal OOR EN OOR die moeite werd wees.

Hier by die werk was ook `n paar happenings terwyl ek weg was. Dit is eindelik formeel besluit dat ek voortaan die Volksblad-groep se Roving Reporter sal wees. Wat dit eintlik beteken is dat wanneer `n joernalis uit een van die Volksblad se kantore siek word/ op verlof gaan en daar nie iemand is wat kan uithelp nie, ek gestuur sal word om in te staan. Die maatskappy gee my `n maatskappymotor, shack my op in `n gastehuis en ek skryf daar vir `n week of twee of drie. Ek sien baie uit daarna. Behalwe vir die afwisseling van my daaglikse bestaan is dit `n geleentheid vir my om myself as joernalis te bewys en om goeie kontakte op te bou. Ons het nog kantore in/op Welkom, Bethlehem, Upington, Kuruman en Kimberley. So ek sal bietjie `n slag weer op die platteland kom.

My eerste assignment is dan ook al in April wanneer Bloemnuus se redakteur, Ben Burger, op vakansie gaan. Ek sal so drie weke vir Ben instaan en die koerant se redaksie hanteer. Groot verantwoordelikheid maar gelukkig het my ma nie bang kinders grootgemaak nie. Eintlik is dit `n helse kompliment vir my dat my base my hiermee vertrou en ek kan so ook my CV `n lekker hupstoot gee! Waar ek oorspronklik vir twee jaar as sub-redateur sou moes werk en dan as joernalis  om my ervaring uit te brei, kan ek nou altwee op een slag doen. Wat `n bargain!!

Wel, dis al wat ek vandag te sê het. Laat waai met die nuus mense, ek het julle gemis!

Cheerio
C.

Advertisements

6 Responses

  1. Ja, ek het regtig gewonder of ons jou van blogverwaarlosing moet aankla! Is daar nie mooi foto’s van die vakansie nie?

    Veels geluk met jou nuwe werk, dit klink baie lekker, veral om ook tussen-in ‘n kansie te kry om iets kreatief te skryf.

    Highlites? Nee wat, hier is my lo-lite: http://mykopop.wordpress.com/2008/02/28/ek-piepie-nie/

  2. Welkom terug! Geniet die naweek en moet asseblief nie versuip nie…

  3. Welkom terug jou gelukkige mens!!

    Hehe! Darem het jy nie verdrink nie!

  4. Geluk met die lekker nuwe dinge wat jy gaan doen. Nogal jammer julle het nie ‘n tak in die Kaap nie, dan kon jy hier ook ‘n draai kom gooi het!

  5. Hei, wanneer begin ons nou hoor van Die Swerftog Van Corli van der Merwe?

  6. Daai wwr is op my lysie om te doen voor ek doodgaan. Ek weet nie of ek dit gaan maak nie. Ek kan nog nie eers swem nie. Welkom terug en lekker natword… 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: