Tag, I’m it!

Hi almal. Jammer ek was so stil die afgelope tyd maar Media 24 eis sy pond vleis en ek is `n hele paar pond! 😉 Met my verlof so byna-byna hier is daar soveel goedjies wat ek moet afhandel dat ek sukkel om by blogging uit te kom. Natuurlik het my laptop ook die gees gegee en kan ek nie by die huis op die Internet kom nie. `n Groot probleem vir `n addict soos ek!

 Ek verneem ek is getag. Sover ek weet beteken dit ek moet agt goed onthul oor myself wat julle nie weet nie. Hmm, laat ek dink.

  • Ek sukkel om te onderskei tussen woorde wat los en vas gespel word. Miskien nie `n probleem  vir jou nie maar glo my, vir `n sub is dit `n krisis. Een van die oues van dae hier in die kantoor beweer dit is oor ons “jonges” nie ons woordsoorte behoorlik ken nie. Ek het in St. 9 my Afrikaanse handboek wat jy tot in matriek gebruik verloor en nooit vir `n nuwe een gaan vra nie. Ek het altyd gereken `n taalvaardigheid sal my as joernalis ook red maar moenie glo nie. Ek besef nou ek is `n beter skrywer as taalkundige. Daar is `n groot verskil – glo my!
  • Katte gee my vreeslik hooikoors. Die lente ook. Ek is `n chroniese sinues lyer en ek gebruik elke dag van my lewe `n tissue.
  • Ek is `n bietjie van `n insomniac en ek is nie `n morning person nie. Maar teen die tyd dat ek by die werk kom is ek my immer-vrolike self.
  • Ek het die afgelope paar jaar gemiddeld vier troues `n jaar. Dit werk vreeslik op my senuwees. Dis nou as ek single is. Andersins is dit lekker.
  • Ek het 14 maande laas verlof gehad.
  • Ek is baie lomp en ek het min dress sense. Maar van my vriende beweer ek het my eie styl en dat ek uniek is. Hmm, dit kan `n kompliment óf `n belediging wees.
  • Ek het een keer `n kaktus laat vrek. Ek het nie `n aanleg met plante of met kuns nie. Ek sal graag wil hê maar lyk my nie dit is iets wat jy ontwikkel nie.
  • Ek is bietjie van `n girl. Ek gril maklik vir gross goeters, of dit nou bloed is of goed met baie pote wat vlieg of spring. Ek is ook nie jou plaaslike DIY-chick nie. Ek kan skaars `n prop omruil of `n spyker in `n muur slaan. Ek dink ek het `n skroewedraaier iewers….

Nou ken julle my bietjie beter. Wie is nog nie getag nie? Ek dink ek was die laaste een. Of het iemand al vir Steve getag?

 Cheers
C.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: