Every dawg has its day!

Ek het twee dawgs. En hulle is my hart se punt. Ek was nog my hele lewe lank lief vir diere maar noudat ek my eie twee het wat ek moet versorg is hulle belangriker as ooit vir my. Ek het grootgeword met worshonde in die huis en sal seker vir nog baie jare baie van hulle hou. Hulle is miskien nie die perfekte breed nie maar hulle is lojaal, baie slim en dierbaar!

Hier is `n kiekie van die twee, reken dis na hulle geslaap het want dis al wanneer hulle remotely stil genoeg sit/lê dat ek hulle kan afneem.

Two dawgs      nog dawgs  33.jpg

Die donker mannetjie is Jack en die ligte dame is Danny. Kyk hoe skop sy hom teen die kop in die derde foto. Hehe…hulle is tog te lief vir mekaar.

Okay julle, dis my sê vir vandag. Dankie vir al die giggels en kommentaar op my blog – julle is great! Het julle nou al die Leef gekoop? Ek het hulle eindredakteur belowe ek sal hulle sirkulasie opstoot – so julle moet help! En die manne moet nie skaam wees nie, daar is baie vir julle ook daarbinne. Cheerio!

Groete
C.

Advertisements

8 Responses

  1. Hi Corli! My eerste keer op jou blog en ek hou daarvan!! Ek lief ook worshonde. Ek dink hulle en Jack Russels is die oulikste bleddie hondjies onder die son. 🙂

    Dié wat nog nie die Leef gekoop het nie, mis baie. Dit is ‘n STUNNING tydskrif – die beste!!

  2. Dit lyk dan nes klein ‘Raj Hansi’!
    http://www.bosparra.com/avonture-hansieeden/
    My eerste keer hier,sal weer kom kuier!
    p

  3. Ons is net so mal oor wosonki’s. Hulle maak nie goeie kinder-honde nie, maar het meer moed as breins. En is verskriklik lojaal!

  4. Mmmmmmmmm!!! Nou weet ek nog meer ‘why I like you’!!!

  5. Ag, dankie vir die komplimente julle. Daai twee is my hart se punt. En ek glo vas mens kan baie van iemand se persoonlikheid leer na aanleiding van hoe hulle diere behandel. Julle is almal sterre in my boek as julle die outjies like!!

  6. Ons het ook twee wosonki’s, Spike en Roxy. En ja, hulle moet nog net kan praat. Joune lyk nog klein?

  7. Corli, wil net vir jou vertel dat ek Lekkerrr lees aan die Leef van Februarie. Dis voorwaar ‘n oulike tydskrif en ek sal dit nou gereeld koop!

  8. Dis reg Dellie, die twee is maar nog klein. Jack is `n jaar en `n half en Danny `n jaar – alhoewel sy heelwat groter as hy is. Hulle is altwee miniatures maar daar is steeds verskille in hul grootte van hond tot hond. Jack is een vd kleiner worsies wat ek al gesien het, Danny is omtrent normal size vir `n miniature.

    Dankie Sonkind! Dit is beslis `n baie oulike tydskrif en glo my, die mense wat daar werk is wonderlik!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: