Wyn is `n wetter!

Ek het gister `n liederlike slegte dag by die werk gehad. Ek gaan liewer nie uitbrei op die redes nie, deels omdat ek nie wil hê julle moet dink ek is `n onwelvoeglike dame nie (dis nou oor al die vloekwoorde wat ek sal gebruik) en deels omdat ek bang is ek word gefire soos Llewellyn Kriel, voorheen `n subredakteur by die Sowetan, wat afgedank is omdat hy oor maatskappy besluite gekla het op sy persoonlike blog.Ek het besluit om maar eerder `n ander vorm van ontlading te beproe f, daardie tried and tested “verdrink jou sorge in `n doos wyn-metode”. So `n oomblik of tien na werk het ek en my “vriend” Rudi `n draai by ons plaaslike, vriendelike drankwinkel gemaak en `n goedkoop doos Merlot aangeskaf.Ai, al die vrolikheid. Ek het vir ons `n kossie gemaak (vanaand is sy beurt) en ons het lekker gekuier, gedrink, gekuier en gedrink. Ons het ook Apprentice gekyk, kyk een van julle daardie show?

Ewenwel, laataand sit ons en gesels oor die feit dat ons nie verlede naweek gaan dans het soos ons aanvanklik van plan was nie. Die probleem is, Rudi is nie heeltemal selfversekerd oor sy dansvermoë nie en hy reken hy het heelwat meer oefening nodig voor hy dit in die openbaar waag.

Een ding het na `n ander gelei en dit was nie lank nie of ons twee het die sitkamermeubels weggeskuif, `n lekker CD opgesit en gesakkie-sakkie op my sitkamervloer dat dit bars. Ek weet nie wat is die man se probleem nie want glo my – daar is niks fout met hoe hy dans nie. Eerste keer wat ek 23h30 in die aand op my eie sitkamervloer dans met Kurt Darren oor die luidsprekers. Beslis `n aand om te onthou!

Ongelukkig is die effense hangover van al die wyn ook iets om te onthou. Darem is dit stil by die werk vandag so ek kan die kans vat om te blog en te herstel. Ek was eintlik van plan om `n post oor ernstige sake soos die ekonomie, politiek en die plaaslike onderwaterkontakskaakliga te skryf maar ek het nie die krag nie. Hopelik is julle tevrede met my storie oor `n lawwe aand!

Groetnis
C.
Jolig

Advertisements

9 Responses

  1. He he, ek sit pas met ‘n glasie droë rooi. Verbeel ek my of lyk daardie ogies bietjie skrefiesrig op die foto? Maar klink my dit was lekker!

  2. Hehehe! Die wyn is nie die wetter nie, dis sy sussie, Kopseer. Rudi het al my simpatie, ek’s ook gestraf met twee Kurt Darren linkervoete. Meeste van die tyd het ek so min ritme ek kan nie aan ‘n deur klop nie, maar dis niks wat Bacchus nie ongedaan kan maak nie! En dis baie lekkerder as onderwaterskaak!

  3. Hoop vandag is darem ‘n beter dag? Dooswyn is ‘n euwel, seg ek jou, ‘n euwel. 😆 Jy kan bly wees dit was nie langs die water en in sonskyn nie…

  4. Erm..Chris – my ogies lyk inderdaad nie heeltemal 10/4 nie – dit was `n lekker Merlot daai! Die kopseer was hanteerbaar maar ek was bietjie flou by die werk. Gisteraand 20h00 was my tires pap en ek het maar in die bed gaan neerval. Hehe..lekker!

  5. Hehe! Wag net vir die ‘naweek’…. dan gaat jy pap wees vir ‘n WEEK!!!!!!!

    E

  6. Die oplossing is om Merlot uit ‘n BOTTEL te drink (nie reguit nie, via ‘n glas) eerder as om dit uit ‘n BOKS te drink. Dan kan jy die beste van albei wêrelde hê – dronkenskap en geen hangover.
    Is dit waar dat mense in die Vrystaat rooiwyn by hul brandewyn gooi as die Coke op is?

  7. Bertus! Nog nie daai ene gehoor nie, maar al gesien hoe gooi iemand Coke by dooswyn om dit beter te laat proe…

  8. Ek het nie raad nie Corli, want ek was tot onlangs (let wel, nie meer nie!) ‘n geheelonthouer, maar jou storie klink so lekker ek dink dis tyd dat ek ook ‘n doos of twee aanskaf.

  9. Erm…ek weet nie wat die ander siele hier in die Vrystaat met hulle wyn maak nie maar die laaste ding wat ek sal doen is brandewyn by rooiwyn gooi!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: