Seks en Steve Hofmeyr

Die Steve debakel het nou tot my oningeligte ore getref. Ek was nog nooit `n groot aanhanger van die man nie maar kon naderhand die mediaberigte van die afgelope tyd net nie meer miskyk nie. Gevolglik het ek die afgelope week ook Steve se blog begin lees. Die man het beslis talent as skrywer, `n slag met woorde, sinne en gevoelens. Die klomp anties wat so swoon oor ou Steve is nou nie vir my wonderlik nie maar to each his own, I suppose.

Ek het respek vir Steve omdat hy staan vir Afrikaanse mense en wat vir ons belangrik is. Ek het vir hom respek vir die feit dat hy bly staan ten spyte van harde aanslae op sy persoon en gesin. Al is baie van hierdie aanslae die gevolg van sy eie optrede.
Ek het ook op `n manier respek vir sy musiek en sy vernuf in `n bedryf waar dit baie moeilik is om jou merk te maak, laat staan nog soveel jare lank `n ster te wees.

Waarvoor ek NIE respek het nie is die feit dat die man se morele kompas suid wys as myne noord wys en andersom.  Hoe kan `n man sy vrou vir soveel jare verneuk en dan in `n tydskrif soos Huisgenoot alles uitblaker vir almal om te hoor? En dan nog na die tyd vra dat mense sy privaatheid respekteer? Verskoon my, maar watter privaatheid? Die privaatheid wat jy vir die hele land ten toon gestel het? Nee wat Stevie.

Ek verstaan dat die man aanhangers het. Sy musiek en persoonlikheid is al baie jare deel van Suid-Afrika en ek sal jou sien as `n ontroue aanhanger as jy die man na `n enkele klippie in die pad nie meer ondersteun nie. Maar as jy nou sy optrede goedpraat weet ek darem nie.

Wonder hoe dit klomp mense wat hom so op sy blog prys sal voel as dit hulle man/vrou is wat so optree. Ag nee wat, ons Suid-Afrikaners kan doen sonder so `n rolmodel. Ek kry vir Natasha en veral die kinders baie jammer.

Dit sal nou al wees wat ek oor dié onderwerp te sê het. Oor die algemeen steur ek my nie aan ons land se bekendes se moles nie maar aangesien so baie wordpress gebruikers aan Steve se blog deelneem lewer ek maar kommentaar.

Groetnis julle en `n lekker week vir almal.
C.

Advertisements

8 Responses

  1. Ek stem met jou saam oor sy talent, hy is werklik een van ons beste liedjieskrywers (by verre nie die beste nie). Sy sang en verhoogwerk is nie te vrot, nie alhoewel party van sy maniertjies my partykeer bietjie irriteer.

    Oor sy kaperjolle sal ek hom nie veroordeel nie, dis sy saak – of liewer, solank hy dit sy saak hou. Maar hy gebruik dit, net soos koerante en tydskrifte (skies ek mik nie na jou nie!) goedkoop sensasie gebruik om hulle verkope op te jaag – om sy ‘gewildheid’ hoog te hou. Daarom help ek hom nie nog deur sy blog te lees nie.

  2. Ek het ook so pas die brief gelees en ek weet nie eintlik wat om te dink nie. Ek kry sy vrou en kinders so jammer. Sal maar mo^re sien wat se^ hy op sy blog daarvan.

  3. Popster-afleiding? Popster-afleiding!

    Gits, mag dit vinnig vergeet word dat daar ooit sodanige begrip in enige taal bestaan. Stel jou voor: jy vra jou graad 7-kind wat s/hy wil word wanneer s/hy groot is en jy kry die antwoord: ek wil popster-afleiding word!

    Was die verwysing na die verhouding veronderstel om meer aanvaarbaar te wees, sagter op die oor te klink, met SO ‘n verwysing daarna??

  4. Ons eie Charles en Camilla!. Pas so by ons eie “Beks en Posh” van der Westhuizen.

    Hulle is altwee skuldig. Hy is ‘n ongenaakbare misbruiker en sy is stupid. Hierdie storie het nou vir Steve ‘n Britney Spears en Jerry Springer geurtjie gegee.

    En Janine het haarself hard in die voet geskiet. Sy sal moet hoop op ‘n lekker geldjie (na haar gewillige prokureur homself gehelp het). Sy gaan beslis nie op enige A-lys wees vir partytjies na hierdie sage oorgewaai het nie.

    Ek het ‘n vraag oor die aborsie saak waaroor almal nou so na asem laat snak. Niemand kon haar dwing om ‘n aborsie te hê nie. Sy kon egter vir Steve dwing om vaderskap te aanvaar. Hy sou egter aandring op ‘n vaderskaptoets.

    Ek sou ook beslis nie weer ‘n tweede keer na ‘n man kyk wat eens skimp dat ek sy kind abborteer nie. Tog het sy vir ‘n verdere ongeveer vyf jaar voortgegaan met die “verhouding”?

    Ons kyk maar watter hasie Steve uit die hoed gaan trek om sy bewonderaars te sus. Solank hy wegbly van uitsprake oor God, mag dit miskien heel interresant raak.

  5. Ek kan ‘n dwaling vergewe, ons is tog almal maar net mense wat voor versoekings kan swig. Maar ‘n 10 jaarlange dwaling? Asseblief tog, hoe dom dink hy is ons?

  6. Eish! Is naarword-sake daai!

    En hy’t my nogals ‘n paar maande terug aangevat oor aborsie? Nou verstaan ek so effens beterder!!!!

  7. ôôôiiii!!! Julle ladies moet nou nie so omgeklits raak met arme ou Steve nie – aanvaar dit: hy blyk bloot net hoooopeloos te veel man vir een vrou te wees … EN boonop het julle mos ‘n mooi Waarmaker CD om na te luister; veral noudat manman mos weet waar die kunstenaar vir sy inspirasie loop delf het! HAHAHA

    Ding wil maar net sê: ding gaan komende Donnerdag vendusie toe – ding moet ‘n nuwe stoetbul dringend loop koop … Ding weet gelukkig reeds wat die bul se naam gaan wees (dit gaan NIE Deon of Maas wees nie!)

  8. Manman, ek weet nie lekker van Brahmaan en Bonsmara nie (vergeet nou maar eers van die spelling). Met so naam sal jy moet uitkyk vir ‘n Beef Master. Dis ‘n klomp geld? Maar troos jou daaraan, indien jy dit nie kan bybring, daar is nog alternatiewe name soos Eskom, Zuma …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: