O jitte.

Die Volksblad se generator het gegaan. Ver weg gegaan! En dit kos R50 000 en redelik baie tyd (in die konteks van kragonderbrekings en `n koerant elke dag) om die ding te fix.
Die ou partjie wat gekoop moes word was ook nie net bloot beskikbaar by die winkel op die hoek nie maar moes laat haal word iewers far far away. Wat beteken dat die Volksblad, net soos die res van die land, uitgelewer is aan Eskom se genade. Dit is chaos.

Geen koerant van hierdie grootte kan bekostig om `n dag lank nie uit te kom nie, veral nie op `n Saterdag nie wat tradisioneel `n goeie dag vir die koerant is. Dit wil-wil lyk asof dit noodmaatreëls gaan kan red wat te redde is en intussen word daar kliphard gewerk om daardie generator te fix. Maar nie een van ons ses buitekantore het generators nie en as daai outjies nie werk nie, kan ek GLAD NIE my werk doen nie. Ek raak nou bekommerd maar sal maar sien wat gebeur. Geniet julle naweek en drink maar wyn by kerslig.

Groete
C.

Advertisements

One Response

  1. ek wens Eskom wil hulle verlore parte vind…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: