Mans. Grr….

Ek het drie dinge op die brein vandag. Eerstens: Mans. Eintlik `n spesifieke een. Meer hieroor later. Tweedens: Amerika se ekonomie. Heelwat meer hieroor later. En derdens: Shaun Pollock. Ai…

Okay, gewigtigste topic eerste. Wat is dit met die mans van die wêreld? Ek hoor nou al tot vervelens toe die storie dat vrouens gekompliseerd is maar mans is volgens my net so erg. Aan die ander kant, miskien is hulle baie eenvoudig. Soek alle mans net één ding? Of is daar sommige met ander tipe agendas? Ek wil net bietjie by my mede-bloggers hoor, hoeveel moeite doen `n man nou eintlik vir `n meisie waarin hy nie belang stel nie? Maw. wat doen `n man vir `n vriendin en wanneer weet mens dit is met voorbedagte rade? Kuier `n man vier of vyf keer `n week by `n meisie as sy net `n vriendin is? Maak mans vir hulle vriendinne kos as hulle siek is of is dit `n teken dat hy meer soek as vriendskap? Vertel julle ouens vir julle vriendinne herhaaldelik dat hulle mooi lyk of dat jy maar met haar moet trou? Ek wil net weet want ek is offisieël so deurmekaar soos `n verkleurmannetjie op `n smartie boksie.

Tweede onderwerp vir die dag. Die bleddie Amerikaners maak vir ons meer moeilikheid as wat baie mense besef. In Augutus laas jaar het die Amerikaners grootskaalse ekonomiese druk beleef na `n krisis in hulle eiendomsmark. Wat gebeur het is dat Amerikaanse banke `n gewoonte daarvan gemaak het om huislenings toe te staan vir huise wat se waarde nie die lening dek nie. Maw. indien die eienaar nie meer die huis kan betaal nie en die bank eis dit terug kan hulle dit nie teen `n wins van die hand sit nie, hulle verloor eerder baie geld. Die absolute stupid bestuur van krediet het landwyd oor Amerika plaasgevind. Sommige banke het as `n resultaat gevaarlik naby raak aan bankkrotskap want huislenings vorm `n baie groot deel van hulle besigheid. Van Augustus af het daar inderdaad `n paar banke in Amerika bankrot gespeel. Na dié situasie algemeen bekend geword het in die sakesektor het die aandelemarkte en die dollar woes begin val. Aangesien Amerika die wêreld se ekonomiese leier is het die onsekerheid in hulle mark veroorsaak dat markte wêreldwyd geval het. Ook hier in Suid-Afrika het ons die crunch gevoel. Slegs enkele lande het die effek vrygespring.

Alhoewel die lawaai oor die situasie nou bedaar het is een van die effekte van die situasie (saam met die hoë olieprys wat inflasie en rentekoerse opstoot) die moontlikheid van `n ekonomiese resessie in Amerika. Jy mag dalk dink `n ekonomiese resessie in Amerika kan jou nie skeel nie maar ek belowe jou, dit gaan jou sak raak. Hulle markte is so nou gekoppel aan ons sin dat ons nie anders kan as om te reageer op wat daar gebeur nie.

`n Ekonomiese resessie word gekenmerk deur twee termyne (ses maande) wat die ekonomie nie groei toon nie. Hoe toon die ekonomie groei? As die mense geld spandeer, veral op sogenaamde ‘big ticket items’ soos huise en motors. En omdat soveel Amerikaners swaar trek onder hoë inflasie, rentekoerse en `n hemelhoë olieprys spandeer hulle nie meer geld nie. Nou wil die Amerikaanse reserwebank rentekoerse verlaag in `n poging om mense aan te moedig om meer te spandeer. Dit alles in die hoop om `n resessie af te weer. Ek is bevrees dit is reeds te laat en ons sal almal die effek van Amerika se probleme aan ons gatsakke voel. Welkom in die era van `n globale ekonomie! Gmff…

Laastens Shaun Pollock. `n Man wat ons nasionale span baie sal mis, nie net vir sy spel nie maar ook vir sy leierskap en inspirasie in die span. Ons sal nie gou weer so `n groot speler op die veld sien vir Suid-Afrika nie. My hoop is maar dat Shaun sorg vir `n Shaun junior of twee sodat ons die naam Pollock weer oor `n jaar of twintig op `n Protea trui sal sien.

Nou ja, wees gegroet my vriende. Mag die voorspoed julle verveel.
C.

Advertisements

One Response

  1. Ek dink mans is ook maar nie so ongekompliseerd as wat party mense wil voorgee nie. Dit klink my die ou waarvan jy praat doen darem bietjie baie moeite net vir vriendskap!

    Dis vir my verstommend, ek is ‘n leek wat finansies aanbetref, om dan te sien dat “besigheidsmense” foute maak wat ek kan raaksien, en ek het dit al in my eie organisasie gesien gebeur.

    Krieket is glad nie op my spyskaart nie, my vrou en dogter weet daar meer van as ek, maar ek weet darem van die krieketspelende Pollocks en hoop nie Shaun is die laaste een nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: