Kredietkaarte en ander dinge van die duiwel

Hallo almal

Hier in die Volksblad se subkantoor het ons `n redelike rustige dag gehad. Hele dag net aan drie koerante gewerk en weens verskillende omstandighede is ons min vandag. Des te meer rede om nog meer dankbaar te wees dat dit rustig was anders het ons dit nie gemaak nie. Ek het die blaaskans gevat om bietjie werk gedoen te kry (maak dit sin?) en twee CD resensies te doen. Ek weet nou nie wat almal se musieksmaak is nie maar gaan besoek gerus Putumayo se webruimte op die net. Hulle maak CD’s van world music. Dit kan gewoonlik enige musiek wees behalwe die pop/rock/Afrikaanse snert wat mens maar kry. Ek persoonlik vind dit baie funky en hulle CDs maak nou deel uit van my versameling.

Ek het regtig `n baie breë musieksmaak. Soos ek hier sit luister ek na `n Kwaito CD met die naam Bantu Soul. Alhoewel dit nou nie wonderlik is nie is daar beter voorbeelde van die genre. My musieksmaak behels enigiets van jazz, blues, world music, house en dansmusiek en klassiek tot bekende name soos Gwen Stefani, Linkin Park, Hillsong, Peter Grant, John Legend, Norah Jones, Dixie Chicks, Carpenters, Abba, Cat Stevens, Metallica, Cascada, Jak de Priester, Navi Redd, Lienka, ddisselblom, Red Hot Chillipeppers, Michael Buble, Laurika Rauch, Coenie de Villiers en Cut Glass. Onder ander. Soos ek sê, ek like music.

 Ek diskrimineer nie sommer teen `n kunstenaar nie maar as jou CD se naam “Jy vry lekker maar nie so lekker soos jou sussie nie” is gaan ek jou `n skip gee en heel moontlik BAIE slegsê. Verder sal ek luister en jou `n kans gee. Kans is solank die musiek goeie kwaliteit is, sal ek jou luister. Volgens my is dit wat dit beteken om `n musiekliefhebber te wees.

Ewenwel, ek was omtrent die hele dag amper aan die slaap. Ek het tot so 1h00 vanoggend aan Jodi Picoult se 19 Minutes gelees. Die vrou se boeke is bloot fantasties. As ek klaargemaak het sal ek `n kort resensie post. Ek het eergister met die boek begin en ek behoort vanaand klaar te maak. Nie sleg vir drie aande na werk/kos maak/huis skoonmaak nie né. Hehe… 😉

Die eintlike rede vir my post is my frustrasie met myself. Ek het seker hier en daar `n goeie kwaliteit en `n verskuilde talent of twee maar as daar nou een area is waar ek van oggend tot aand my gat sien is dit my finansies. Ek kry dit net nie heeltemal reg om my finansies te bestuur nie. Alhoewel my salaris nie astronomies is nie is dit meer as genoeg vir een persoon om gemaklik te leef met `n luxury hier en daar. Maar vanweë my idiocy met my kredietkaart op `n stadium het ek nou soveel skuld dat ek `n lang tyd sal spandeer (!) om dit af te betaal.

Dit is regtig net my eie skuld en ek het `n dure les geleer. My gat se deksel is dat ek so min vordering gemaak het om die skuld af te betaal alhoewel ek nou reeds vir 7 maande lank `n punt daarvan maak. Ek het vir `n ruk baie goed aangegaan, net om die afgelope twee maande van die pad af te dwaal en toe te laat dat `n verskeidenheid van finansiële rampe en uitgawes my van voor af laat beland waar ek in die eerste plek was in Junie 2007. En nou gaan ek oor `n maand op vakansie Kaapstad toe vir drie weke. Ek het nou maar `n klein bietjie oë toegeknyp daaroor en probeer om `n redelike (lees billike) bedrag daarvoor te begroot. Die hemel weet ek verdien `n vakansie na die hel van `n jaar wat 2007 was en ek was langer as `n jaar laas met verlof, laat staan nog `n behoorlike vakansie.

Ek wonder net of almal so sukkel soos ek? Dit wil vir my voorkom dat, maak nie saak jou inkomstegroep nie, jy sukkel altyd om met jou geld uit te kom. Ons moet ophou om ons lewenstandaard aanmekaar te lig, as ons nie doen nie sal ons vir altyd in skuld moet leef. Dis deel van my planne vir die jaar. Dus: Resolusie 8 – Leef volgens jou salaris, moenie jou salaris probeer buig om by jou lewenstyl aan te pas nie. Eina, daai een gaan maar swaar wees.

Ek hoop julle het `n heerlike aand, ek gaan probeer om nie soos `n babatjie te tjank vir die res van die boek nie maar ek kan niks belowe nie.

Groete
C.

Advertisements

3 Responses

  1. Met die petrolprys en alle pryse wat bly styg sukkel al ons “gewone mense” maar, so moenie alleen voel nie.

    Daar is net een manier om jou finansies onder beheer te kry: jy moet boekhou van al jou uitgawes sodat jy presies weet waar jou geld heen gaan. Ek het ‘n gratis program, Grisbi, gekry wat vir ons werk. Die enigste nadeel is dat jy nie in hom kan begroot nie, maar jy kan dit bv. in ‘n spreiblad doen. Hy kan wel vir jou verslae genereer wat presies wys wat jy waarop uitgegee het vir die maand. Die belangrikste is net om gedissiplineerd te wees en en daagliks jou uitgawes aan te teken. Ek het ‘n stukkie daaroor geskryf: http://mykopop.wordpress.com/2007/07/02/persoonlike-finansies-sagteware-grisbi/
    Vra gerus as jy dit wil gebruik en nie regkom nie.

  2. Nee wat girl, jy is nog heel OK as jy vir ‘n VAKANSIE kan BEGROOT. Twee goed wat lankal nie meer aktiewe begrippe in my woordeskat is nie.

  3. Lol Jo-Ann… 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: