Deon Meyer en ander begaafde mense

Ek is mal oor my werk. Veral op dae soos vandag wat ek verby die swakkerige salaris kyk en al die perks raaksien. Ons boekeredakteur, Danila Liebenberg, is `n great mens. Behalwe vir die fantastiese boeke wat sy my so nou en dan in die hand stop, is sy regtig `n gawe vrou. Sy is toevallig ook Maretha Maartens se dogter vind ek nou die dag uit.

Inelkgeval, ek is `n GROOT leser. As `n man my wil verlei kan hy gerus probeer om vir my `n boek te koop! Ek is mal oor boeke, ek het honderde. Op die oomblik is my oulike pa juis besig om vir my `n spiksplinternuwe boekrak te maak. Hy doen die mooiste houtwerk so ek sien nogal uit daarna om die uiteindelik produk te kry. Ewenwel, ek doen baie resensies vir die koerant. Danila gee die boek vir my, ek lees hom, skryf so 600 woord stukkie en die beste van alles – ek kan die boek hou! Die afgelope sewe maande vandat ek by die Volksblad werk het my versameling mooi gegroei. Bygesê ek koop ook baie boeke.

Die beste van dit alles is dat Danila vir my boeke gee van my gunsteling skrywers. So het ek `n paar maande terug Deon Meyer se nuwe boek Onsigbaar by haar gekry en dié pryk nou op my boekrak. Vandag het ek nóg `n pasella gekry – Meyer se Wie met vuur speel. Dit is sy eerste boek wat lank uit druk was en nou weer deur Tafelberg uitgegee is. Sy enigste boek wat ek nog nie gelees het nie en amper nou die dag gekoop het. And it’s mine for free!

Mense wat nie van lees hou nie en boonop nie weet hoe duur boeke is nie sal dit seker nie kan verstaan nie maar dis heerlik! Ek het ook op die oomblik Jodi Picoult se nuwe 19 Minutes wat uitstekend is. Ek is `n groot aanhanger van haar skryfwerk en ek het meeste van haar boeke.  Ek was ook so gelukkig om die laaste Harry Potter te resenseer net nadat hy uitgekom het. Ek doen ook gereeld CD resensies (dink ek het iets soos vyf wat ek moet doen op die oomblik!). Dis ook nogal pret maar die boeke bly die lekkerste. Sal so nou en dan bietjie `n resensie post dat die van julle wat hou van lees dalk `n nuwe boek kan ontdek.

Gegroet
C.

Advertisements

2 Responses

  1. Corli, ek is nou groen, GRASGROEN, van jaloesie! Ek VREK oor boeke en ek sal my kosgeld en my kleregeld vat om boeke te koop.

    Ek het Onsigbaar, geteken deur Deon Meyer (moet ek darem nou ook bietjie ‘brag’)!

    Laat kom daai resensies! Sodat ek kan gaan koop.

  2. He he he, dit was nou vir my baie interessant! Ek dink baie van ons bloggers is nogal boekmense. Soos jy nou seker al gesien het skryf ek ook op my blog oor boeke en CD’s wat ek gelees of gekoop het, net ek kry niks daarvoor nie. Ek weet ook nie hoekom ek dit doen nie!

    Jy kan gerus vir ons ‘n stuk skryf oor hoe om ‘n goeie resensie te doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: