Hallo 2008

Hi almal

Ek het so `n ou flou grappie wat ek deesdae met almal om my deel. Daar is verskeie dingetjies in my lewe waaraan ek graag in hierdie jaar wil werk. Dit behels omtrent enigiets van my persoonlike finansies tot my geloofslewe. En soos mens maar is het my nuwe planne reeds verskeie kere in gesprekke met vriende opgeduik. Dan is dit my groot vreugde om hulle in te lig dat Nuwejaars resolusie nr. 38 is om gereeld my tuin nat te maak of nr. 3 is om nie meer my kredietkaarte te gebruik nie. Erm..haha!

 Wel, whatever. My grappies is anyway baie keer flou maar ten minste vind ek dit snaaks! Al is dit net oor ek altyd lekker vir myself lag. Punt is ek het hierdie jaar resolusies. Ek dink half dit is die eerste keer ooit. Nr. 18 is om soveel as moontlik te blog so watch this space.

Ek beplan om hierdie jaar aan myself te werk. Ek het baie gegroei en grootgeword in 2007 en ek beplan om dit nog verder te vat in 2008. Needless to say is baie van die dinge waaraan ek wil werk nie nuut op die rak nie (so to speak) maar party goed in die lewe moet voortdurend aan gewerk word en gaan nooit regtig weg nie. En die resolusie se ‘rangorde’ hang 100% af van my behoeftes op daardie oomblik so resolusie nr. 15 is dalk more nr. 5 op die lys. So moet liewer nie die rangorde volg nie, slaan eerder ag op my vordering.

Nr. 1  op die huidige lys is om nie meer te worry oor ek single is nie. Dink dié outjie behoort maar redelik bo-aan die lys te bly hoor. Gelukkig is daar `n man op die horison so miskien verdwyn hy eensklaps! Hehe… 😉

Nr. 3 Kom uit die skuld en raak ontslae van die stukkies plat plastiek in my beursie. Rentekoerse ry my soos `n bloots perd. Eish…

Nr. 2 Word `n beter Christen met `n hegte verhouding met God. Altyd iets om aan te werk.

Nr. 4 Kry gereelde vryskut tydskrifwerk. My eerste artikel in Lééf verskyn in hulle Februarie uitgawe wat 15 Januarie op die rak is. Kan julle hoor hoe opgewonde ek is?! Ongelukkig mag ek net by tydskrifte werk binne ons groep maar daar is baie so die geleenthede is nie sleg nie. Net `n voet in daardie goedbetaalde, ego boosting deur kry.

Nr. 5 Gesonder leef. Ek gaan nie weer sê gewig verloor nie want ek kan gewig verloor en dit weer optel. Maar as ek gesonder leef sal die res ook in plek val. Gelukkig het ek dié pad al `n hele ent gestap in 2007. Dis ook egter iets waaraan mens altyd werk en nie van die lyse kan afhaal nie.

Ek glo vas dat ons almal beter mense sal wees as ons gedurig daarna streef om onsself te verbeter. Daarom is dit my plan vir die jaar, om `n beter, gesonder, ryker, slimmer, ouliker mens te wees. En om aan die einde van die jaar, maak nie saak hoe goed of sleg ek in my doelwitte geslaag het nie, tevrede te wees met die produk.

 Geluk en vrede vir julle almal in 2008. Met `n goeie skoot pret en ondeundheid tussenin. Dit kan mos net lekker wees!

C.

Advertisements

2 Responses

  1. Welkom terug op die blokke en voorspoed, mag jy sukses hê met alles wat jy aanpak. Veels geluk met jou artikel wat gaan verskyn. Het jy al meer dikwels artikels in tydskrifte geplaas gekry?

  2. Dankie vir die goeie wens Chris. Ek het in die verlede heelwat sukses gehad in kleiner, meer obskure tydskrifte en tydskrifte wat binne organisasies versprei word – wat ons noem ”in-house” tydskrifte. Dié outjie is my eerste in `n hoofstroom tydskrif na ek einde laas jaar begin konsentreer het op daardie mark. Die sleutel tot sukses hier is om vir jouself `n naam te skep aangesien dit moeilik is vir `n unknown om `n assignment te kry. Dit betaal ook nogal goed so die tipe jobs is gewild onder joernaliste. Ek hoop om nog meer werk in die jaar te kry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: