Zuma sirkus

Oi… Gister was `n belangriker dag as wat baie mense besef. Zuma is nou offisieël die hoof van die ANC en amper by proxy sal hy sekerlik uiteindelik president van Suid-Afrika word. Voor ek sê hoe ek hieroor voel wil ek net vir julle sê dat ek doemprofete HAAT. Ek kan dit nie vat as mense so negatief is oor amper enigiets nie. Onthou julle hoe dit mense jare terug gesê het Thabo Mbeki haat Afrikaners en wil ons almal uitmoor as hy president sou word. Bullsh*t. Misdaad was beslis `n reuse probleem maar Suid-Afrika het nie in Zimbabwe verander toe hy aan bewind gekom het nie.

 Nou word dieselfde oor Zuma gesê. En alhoewel ek nie saamstem dat dinge so ver sal gaan nie vind ek dit moeilik om te glo dat die status quo gehandhaaf sal word. Die man word van allerhande dinge beskuldig, onder andere verkragting en korrupsie. Die kans is baie goed dat hy volgende jaar aangekla sal word van misdade wat voortspruit uit die hele Shaik sage. Mag ons `n president verkies wat klagte teen hom hangende het? Ek is nie seker nie, miskien is daar iemand met regskennis wat kan help.

Netnou was hier `n goeie vriend hier in die kantoor. Gert Coetzee was die afgelope jaar ons korrespondent in die parlement. Gevolglik is sy kennis oor ons land se politiek en die huidige situasie nie te versmaai nie. Gert sê hy is nou nie in absolute sak en as oor wat gebeur het nie maar dat die volgende jaar of so gaan ons beslis wys wat op die langtermyn in Suid-Afrika gaan gebeur.

Zuma is erg hand op die blaas met Cosatu, dit is eintlik hulle wat die verkiesing vir hom gewen het. Met die staatsdiens staking vroeër die jaar het Mbeki en sy raadgewers geweier om in te gee (as jy enigiets van die ekonomie weet sal jy besef dat die land inelkgeval nie dit finansieël kon bekostig om in te gee nie!) terwyl Zuma allerhande beloftes aan die stakers gemaak het oor “die dag as hulle hóm kies as president”. Nou gaan die man heel moontlik ons president wees en boetie, Cosatu gaan hulle pond vleis eis. En Zuma gaan vinnig besluit dat mens nie beloftes maak wat jy nie kan hou nie. As president kan hy nie links en regs besluit maak wat ekonomiese impak op ons land het nie. Die aandelemarkte gaan hom straf, groot name in die sakebedryf gaan hom bykom en hy gaan tussen die hel en `n warm plek beland. Maar hy wil mos president word, laat hy vir hom kry!!

 Gert vertel ook dat die ANC op die stadium 40/60 gesplit is. Die twee faksies gaan eintlik reëlreg téén mekaar. Dit is eintlik twee aparte partye saam onder dieselfde vaandel. Zuma en sy trawante is links, Mbeki en syne heelwat meer regsgesind in die politieke spektrum. Indien Mbeki se faksie afsplit van die ANC en `n nuwe party vorm het ons actually `n opposisie party. Hulle is ook baie naby aan die DA se denkwyse. Die kans is glo daar dat die DA en regse ANC faksie kan saamsmelt. Maar alhoewel dit teoreties en ideologies dalk moontlik is dink ek nie dit sal sommer gebeur nie. Net tyd sal leer.

Advertisements

5 Responses

  1. Ek verkies om maar eerder, teen alle verwagting, ‘n positiewe uitkyk te probeer behou. Dalk is hierdie hele Zuma sirkus op die lange duur net wat Suid-Afrika nodig het om ‘n ommekeer in die politiek te maak.

    Ons kan vir nou maar net wag en kyk.

  2. Inderdaad sal tyd leer. Ek is nie Mbeki man nie en ek dink Zuma is ‘n beter keuse as Mbeki, maar nou is ek ook onseker.

  3. Se^ vir die mense hulle moenie die varke die fone laat antwoord in Volksblad se subkantoor nie.

  4. Dit klink of 2008 nog interresanter op politieke veld gaan wees as 2007…

    Persoonlik verkies ek nie een an die 2 nie.

  5. Ek kan werklik nie verstaan hoekom die ANC-mense hom gekies het nie. Daar moet tog mense ANC-mense wees met ‘n goeie opleiding en ‘n skoon rekord. Ek het nou sy biografie gaan opsoek – hulle sê daar: Owing to his deprived childhood, Jacob Zuma did not receive any formal schooling. “Deprived childhood”, wat ‘n gerieflike verskoning (seker nog apartheid se skuld ook). Niks verhoed mens mos om na jou “childhood” ook nog te leer nie.

    Volgens hierdie skakel: http://www.anc.org.za/people/zumaj.html is hy op hierdie oomblik nog Deputy President van die ANC. Wys jou net.

    Ek weet nie of Zuma ‘n beter keuse as Mbeki is nie, al wat ek wil sê is, ek dink daar moet baie mense in die ANC wees met ‘n beter opleiding en vermoë om die land te regeer as Zuma. Dit lyk tog vir my asof swart mense ernstig is oor onderwys en opleiding. Hoekom is dit nou skielik nie belangrik nie. Of gaan dit dalk net oor “papiere vir die people” eerder as die opleiding per se?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: