Die kalkoen…

Hmm, ek is nou baie spyt ek het nie `n foto van die kalkoen geneem sodat almal my handewerk kon waardeer nie. Kyk maar hier onder my “skematiese voorstelling”. 😉 Toe ek die outjie uit sy verpakking haal het ek `n klein bietjie bekommerd geraak dat ek voor op die wa was met my planne – het nie gedink ek kan `n freakin 3.5 ding gaarmaak nie!

Ek het `n resep gekry vir `n vulsel met mossels, uie en seldery, die outjie geseason en in die oond gestop. So twee en `n halwe ure later het ek hom uitgehaal. Hy was lekker sappig en mooi gaar. Ek het ook strokies bacon aan die buitekant gesit wat help dat die kalkoen vog behou. My vriend Rudi het hom vir ons mooi gekerf. My mond het omtrent oopgeval toe ek sien hoeveel vleis dit is. En ek het `n kleintjie gekoop!

Ek reken ek kan nou maar kalkoen voeg op die lysie van stuff wat ek kan gaarmaak. Moet nou net leer stryk, dan het ek al die skills nodig om `n goeie huisvrou te wees!!

Bushkalkoen

Advertisements

3 Responses

  1. Ek het ook al ‘n kalkoen gaargemaak, maar ongelukkig is ek die enigste een in die huis wat graag kalkoenvleis eet. Hoe leer mens nou ‘n vrou en kinders wat dit net sien as ‘n ding vir Mr. Bean om op sy kop mee rond te hardloop, om hom te eet!

  2. Nee wat, jy hoef nie te leer stryk om ‘n goeie huisvrou te wees nie. My strykyster het vir 3 jaar nie eers ‘n ‘plug’ aangehad nie – ek koop net kreukeltrae kleure. Ek slaan knoppe uit as ek net kyk na ‘n strykyster.

    Gelukkig het ek nou ‘n man wat KAN stryk en ek vra net liefies, dan stryk hy die een of twee goedjies wat gestryk MOET word vir my! 😆

  3. Amper tyd dat jy weer ‘n kalkoen gaarmaak! Vandag is my laaste dag by die werk, so ek sê maar ‘n geseënde Kersfees, en ‘n mooi 2008 vir jou!

    Blogging off.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: