Praat van lui

Sjoe, was ek nou vir jou lui vandag. Vrydae is gewoonlik redelik besig hier by ons. Geen dringende saktye nie maar ons werk aan koerante wat Maandae en Dinsdae een op die ander sak. So daar is baie om te doen maar vandag is almal in die kantoor lui. Jy hoor gereeld uitroepe van “Is dit nou eers 14:00?” en so aan. Ewenwel, dis nou amper verby want ons loop 16:00.

Die naweek hou ek troue van gewaardeerde vriende, sien `n paar mense wat ek baie lief het maar lanklaas gesien het, kuier saam my honde en maak `n kalkoen gaar. Ja, Sondag sal my kalkoen sy moses teëkom in die vorm van my oond! Ek het `n resep vir stuffing en `n resep om die outjie gáár te maak so ek is gewapen. Daar sal kalkoen geëet word dat dit bars vir die volgende paar weke. In slaai, op broodjies – sommer oral. Projek Kalkoen vind eers Sondag plaas so laat weet asseblief as enigeen van julle kennis oor die onderwerp het. Op hierdie stadium gaan ek maar go with the flow en hoop vir die beste.

Ek hoop julle het `n geweldige lekker naweek, ek het reeds klomp Afrikaanse blogs op wordpress deurgekyk en hou van wat ek sien!

Groetnis,

C.

Advertisements

3 Responses

  1. Kalkoen se vleis is baie droog, so jy moet BAIE souserige goed daarby maak. En dis omtrent al wat ek van kalkoen af weet – 😆

  2. /me wag in spanning op die ‘terugvoering’….. en dan die resep! HEHEHEHE

  3. Ding wonner nogals hoe dit toe met operasie kloek-kloek gegaan het? Ding het lank-lank gelede een jaar die mal perd opgesaal om in te stem toe die geliefde van die oomblik mooi gevra het – ding het ‘n kloek-kloek gaar gemaak – eintlik gaar gevloek nadat ding die hol kalkoen gestop het met die helfte van alles wat eetbaar gelyk het in die spens… hehe
    Sooo, hoe het die operasie afgeloop??

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: