Donderdae is dan gewoonlik prettig

Hi daar bloggers en vrinne

Gewoonlik as ek `n Donderdag opstaan sien ek uit na die dag. Donderdae is die enigste dag in die week wat ek regtig sal kans kry om `n paar mails te skryf, die Internet te bewandel en dit sommer net rustig te vat. Die res van die week is ons glad en al te besig en moet my tydjies op die Internet totaal en al onwettig gebeur of in die aand by die huis. Maar kyk, ek vat enige tyd `n week sonder `n Donderdag as hulle almal soos vandag is…

 Ons is vandag besoek deur `n grootbaas van ons maatskappy. Ek gaan hom liewer nie op die naam noem nie, almal weet anyway vir wie ek werk. Nou kyk, daar is `n bietjie van `n vibe in ons kantoor op die oomblik. Aanstellings vat `n absolute ewigheid, salarisse is nie markverwant nie en die mense is oorwerk en moeg. Die maatskappy maak `n enorme wins wat die aandeelhouers tevrede hou maar die werknemers trek geen voordeel daaruit nie. Dieselfde ou kapatalisties ou storie wat mens seker in enige besigheid landwyd sal kry.  

 Ons is professionele mense, in `n dog-eat-dog beroep wat uiters kompeterend is. Die hemel weet, die werk self is hard. Ek was m*%r gelukkig om die pos te kry wat ek het maar nou lyk dit vir my dat ek dit miskien nooit sal kan bekostig om selfs `n klein ou huise in die gopse te koop nie. Ek het vriende wat R25 000+ verdien as CA’s of dokters en hulle kan dit nie eers bekostig sonder om `n risiko te neem met faktore soos rentekoerse en so aan nie. Hoe moet ek dit dan regkry?

Ek wil ook nie moet staatmaak op die teorie van `n ryk man om eendag `n bestaan te kan maak nie. Die dag as ek trou, moet dit asseblief tog vir liefde wees want anders sal dit nie werk nie. En lets face it, dit is nie eers in die pyplyn op die oomblik nie. Ek raak bietjie moedeloos oor die ding.

Maar dan wil ek terselfdertyd myself skop. Daar is soveel mense daar buite wat in shacks bly, wat honger gaan slaap en koud kry in die winter en moet doodgaan in Staatshospitale omdat die dienslewering pateties is. Ek is actually ingelig oor die onderwerp, ek het vriende wat `n verskil probeer maak as huisdokters maar eindelik daar weg gaan – in staat om net `n handvol mense te help want die probleem is groter as hulle self. Ten minste het ek `n huis (al huur ek hom), `n kar (oud maar fine), byvoordele, en daar is aan al my fisiese behoeftes voldoen. Gaan slaap nooit honger nie, inteendeel – ek moet diet omdat ek te veel eet. So wie is ek om te kla? Ek sukkel om `n balans te kry met hierdie kwessies. Het julle dieselfde probleem?

Ag wat, ek is klaar met die gekla. Ek het vandag lekker gekuier met `n goeie vriendin en die naweek trou Franle en Jaco – twee mense wat dit onteenseglik verdien om baie gelukkig te wees. Anthonet en Andries kom vir die troue so ons gaan lekker kuier. More gaan dit weer beter.

Cheerio julle

C.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: