Vordering, ek sê.

Hi daar almal

Na `n klein bietjie gesukkel het ek nou die ding aan die gang. Julle kan meer oor my lees by die About knoppie. `n paar foto’s kyk onder dieselfde hofie en lees wat ek van tyd tot tyd skryf onder “`n Joernlis?” Ek is eintlik half verbaas oor hoe lank ek gesukkel het om die site opgestel te kry aangesien ek nogal vinnig is met rekenaars en die Internet oor die algemeen. Maar nou ja, ek het darem reggekom.

Ek is dankbaar om te sê dat ons `n rustiger week hier in die Volksblad se subkantoor gehad het. Ons het gedurig probleme met personeeltekorte en die mense wat hier is moet gereeld op ander plekke uithelp, van siekte herstel, studeer vir eksamens en `n miljoen ander goed. Ons mag ook tans nie iemand aanstel in die een oop pos wat ons het nie want dan sal ons Affirmative Action teikens nie reg wees nie. Ek sal liewer nie sê wat ek daarvan dink nie. AA is alles goed en wel maar dit raak belaglik as ons genuine nie iemand kan kry wat qualify vir die werk nie. Ag wat, ons klomp is hard werk gewoond en ek voel anyway meer produktief as ek baie werk. Die probleem is net dat ek min krag vir ander goed het as ek so hard werk so my ander skryfprojekte bly agterweë. Ek het ook eers verlof in Februarie so ek sal moet vasbyt.

Ek gaan vanmiddag vir my tweede Vitamine B inspuiting en ek is seker dit sal baie help. Die eerste een het klaar `n groot verskil gemaak. Desember is `n redelike besige tyd by koerante omdat soveel maatskappye Kersadvertensies plaas. So ek gaan nie juis sit en lui wees nie. `n Kollega vertel my vanoggend van die bejaarde vrou en haar man wat iewers in die noorde aangeval is. Die aanvallers het hom amper dood geslaan en die arme tannie gemartel deur vier van haar vingers met `n snoeiskêr af te sny. Dis vrek ontstellend. Daar is nie woorde om mense wat sulke goed doen te beskryf nie. Die mense betrokke sal nooit weer dieselfde wees nie en glo my, die joernalis wat daardie storie gecover het sal lank daarvan onthou. Soms is ons job net té hárd.

Cheerio people, laat weet my maar wat julle dink van die site. Tips en so aan sal welkom wees.

C.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: