Hello world!

Hallo daar

So nou is ek ook deel van die blog wêreld. Mens sal dink aangesien ek `n joernalis is ek lankal met een sou begin het maar helaas… Maar die Engelse sê nie verniet “There is no time like the present” so hier gaan ons.

Ek weet nie lekker wat die aantrekkingskrag van `n persoonlike blog nou eintlik is nie. Dit het definitief niks te doen met die Stork-tannie wat vertel hoe haar seun haar gehelp het om een op te stel en hoe sy sóó entoesiasties is daaroor nie! `n Ruk na dié advertensie begin wys het, het my ma my een aand gevra: “My kind, wat is `n blog?” Tot my groot konsternasie het ek regtig gesukkel om vir haar te verduidelik wat dit régtig is.

Ek sien dit as `n manier om met mense te kommunikeer, met die wat jy ken en lief het sowel as die wat vreemdeling in virtual space is. So ek hoop julle geniet my blog. Of dit nou vir my belaglike liefdeslewe, my soms vrek exciting (soms baie boring) werk en natuurlik die honde. Ek post sommer more al `n fototjie van die twee, so wag net.

 Anyway, ek gaan nou `n oomblikkie by die werk afknyp en hierdie blog behoorlik opstel.

 Cheers vir eers

C.

Advertisements

8 Responses

  1. So nou is ek ook deel van jou blog-wêreld…

  2. baie welkom hier by ons,jy sal nog baie leer en die “ondersteunings” netwerk wat hier ontstaan het.

    lekker dag

  3. Baie welkom, nou het ons amateurs bietjie professionele kompetisie!

    So wanneer maak jy vir jou ma ‘n blog?

  4. ek het ook vir jare weggebly van hierdie blog thingy. Nou besef ek wat ek gemis het. Mens leer hier meer as op news24.

    Welkom!

  5. Happy Landings! Jy moet net langer bly, dan word dit lekker hier! Welkom!

  6. welkom vriendin! nou moet ek net myne up and running kry… sal heel waarskynlik eers in januarie…

  7. Is ‘n anderster wereld… dit kruip, stadig maar seker, onder jou vel in! En…. zap! Jy’s ‘gehook’!

    En…. jy skryf oor NET WAT JY WIL! Hoe jy wil… en en en ! Van ons k@k en kerm… van ons ‘brag’… soms huil ons… en van ons is net onsself!!!

    Welkom by die weird family!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: