My groot Afrikaanse leesavontuur

Ek het op `n lys afgekom van 100 goeie Afrikaanse boeke (meestal letterkundige werke) wat deur `n ander blogger gelees word. Ek het besluit dat ek graag dieselfde wil doen.

As kind het ek heelwat meer Afrikaans gelees as Engels maar hoe ouer ek geraak het, hoe meer het ek na die vyand se taal geneig. Gelukkig vir my is daar `n groterige biblioteek naby my werkplek en is my baas `n vrou wat verskriklik baie boeke het en graag uitleen. So ek gaan nou die lys deurwerk en hier afmerk hoe ek vorder. Ek nooi ALMAL van julle om ook deel te neem en ons taal te geniet!

1. Dalene Matthee – Fiela se Kind (x)
2. Dalene Matthee – Kringe in ’n bos   (x)
3. Elsa Joubert – Die swerfjare van Poppie Nongena
4. Alba Bouwer – Stories van Rivierplaas
5. Marita van der Vyver – Griet skryf ‘n sprokie  (x)
6. Marlene van Niekerk – Agaat
7. Marlene van Niekerk – Triomf
8. P G du Plessis – Koöperasiestories  (x)
9. Jeanne Goosen – Ons is nie almal so nie
10. Deon Meyer – Orion (x)
11. Annelie Botes – Sabbatsreis
12. Dalene Matthee – Moerbeibos
13. NP van Wyk Louw – Raka
14. Dalene Matthee – Toorbos
15. Dalene Matthee – Pieternella van die Kaap
16. CJ Langenhoven – Versamelde Werke
17. Etienne Leroux – Sewe dae by die Silbersteins
18. Alba Bouwer – Stories van Bergplaas
19. Annelie Botes – Raaiselkind
20. Marié Heese – Die Uurwerk Kantel
21. Etienne van Heerden – Die swye van Mario Salvati
22. Etienne van Heerden – Toorberg
23. Marita van der Vyver – Wegkomkans (x)
24. Mark Behr – Die reuk van appels
25. Pat Stamatelos – Kroes
26. Dalene Matthee – Susters van Eva
27. Anoeschka von Meck – Vaselinetjie  (x)
28. Anna M Louw – Kroniek van Perdepoort
29. André P Brink – Kennis van die aand
30. Deon Meyer – Feniks (x)
31. Dana Snyman – Anderkant die scrap
32. Maretha Maartens – ‘n Pot vol Winter  (x)
33. Engela van Rooyen – Vuur op die Horison
34. Deon Meyer – Infanta  (x)
35. E K M Dido – ‘n Stringetjie blou krale
36. Alexander Strachan – Die jakkalsjagter
37. Dan Sleigh – Eilande
38. Koos Kombuis – Seks, Drugs en Boeremusiek
39. Etienne Leroux – Magersfontein, o Magersfontein
40. Marita van der Vyver – Griet kom weer (x)
41. Nataniël – Kaalkop 1 & 2
42. Wilma Stockenström – Abjater wat so lag
43. Elsa Joubert – Die Reise van Isobelle
44. Ingrid Winterbach – Die boek van toeval en toeverlaat
45. Karel Schoeman – Hierdie Lewe
46. Dalene Matthee – Brug van die Esels
47. Bettie Naudé – Saartjie Reeks  (x)
48. Audrey Blignaut – Hele oevre
49. André P Brink – Duiwelskloof  (x)
50. Marzanne le Roux van der Boon – Klaprose teen die wind
51. N.P. van Wyk Louw – Germanicus
52. André P Brink – ‘n Droë wit seisoen
53. Alba Bouwer – Die afdraand van die dag is kil
54. A H M Scholtz – Vatmaar
55. CJ Langenhoven – Beste Spookstories  (x)
56. Cor Dirks – Die Uile Reeks  (x)
57. Eleanor Baker – Die Ander Martha
58. Deon Meyer – Onsigbaar (x)
59. Marita van der Vyver – Die hart van ons huis: ‘n skrywer in Provence
60. Esta Steyn – Kinders van die Sabbatsee
61. G J Joubert – Oupa Landman se viool
62. Antjie Krog – ‘n Ander Tongval (in Engels)
63. Zuretha Roos – Die verdwyning van Mina Afrika
64. Marita van der Vyver – Stiltetyd  (x)
65. Leon Rousseau – Fritz Deelman reeks  (x)
66. Wilma Stockenström – Kremetartekspedisie
67. FA Venter –Hele oevre
68. Engemi Ferreira – Die jaar toe my ma begin sing het
69. Sangiro – Uit oerwoud en vlakte
70. Elsabé Steenberg – Boom Bomer Boomste
71. Eugene N. Marais – Versamelde werke
72. Jan Rabie – 21
73. Karel Schoeman – ‘n Ander land
74. Jochem van Bruggen – Ampie
75. Anoeschka von Meck – Annerkant die longdrop
76. Barrie Hough – Skilpoppe
77. Eleanor Baker – Verbeelde werklikheid
78. Karel Schoeman – Die uur van die engel
79. Riana Scheepers (samesteller) – Die Melkweg het ‘n ster laat val
80. Lettie Viljoen – Karolina Ferreira
81. P H Nortje – Nuut onder die son
82. Pat Stamatelos – Die val van die dice
83. Jan van Melle – Bart Nel
84. Jan van Tonder – Roepman
85. Chris Barnard – Chriskras
86. Abraham H de Vries – Die Afrikaanse Kortverhaalboek
87. Anna M Louw – Wolftyd
88. P G Du Plessis – Het olifante elmboë
89. Ingrid Winterbach – Niggie
90. Hettie Smit – Sy kom met die sekelmaan
91. Etienne Leroux – Een vir Azazel
92. Jeanne Goosen – ‘n Pawpaw vir my darling
93. André P Brink – Bidsprinkaan  (x)
94. Eleanor Baker – Die kwart-voor-sewe-lelie
95. Eben Venter – Ek stamel, ek sterwe
96. Lerina Erasmus – Mannheim sage
97. Koos Prinsloo – Jonkmanskas
98. Margaret Bakkes – Elegie vir ‘n Onbekende
99. Nanette van Rooyen – Chinchilla
100. Rachelle Greef – Die rugkant van die bruid

28 Responses

  1. Ek lees meestal ingilse boeke. Afrikaanse boeke wat ek lees is 99% van tannie Dalene

  2. Dit kan baie interessant raak.

    Ek sal gaan kyk of die bibtannie my nie wil skiet nie. As sy rustig is, sal ek ook deelneem.

  3. Sjoe! :shock:

    Ek’s nou 42. Hmmm…as ek vandag begin, sal ek seker so op 83 klaarmaak? :lol:

    Ek speel. Ek sal saamlees. Daar is darem ‘n paar wat ek nou al kan aftick.

  4. Ek is nou nie juis die letterkundige leser nie, hou meer van fiksie… Maar ek sal so een of twee van hulle aandurf!

    :lol: Boendoe, vat maar die boek saam as jy oppie kleinhuisie gaan sit :lol: Dan kan dit dalk 80 wees :P

  5. Watter wonderlike idee Corli! Sommer baie nuwe name wat ek hier sien en nie herken nie.
    So dis hoekom jy so skaars was!

  6. Oulike idee Corli, ek sal Exclusive gaan besoek en vir my ietsie aanskaf! Ek is ook skuldig, ek lees deesdae net die rooi taal boeke, behalwe vir my Afrikaanse tydskrifte :lol:

  7. Ek is verstom… deur myself, ek het nou deur jou lysie gegaan en gaan jy my glo as ek sê ek het al 68 van daardie boeke gelees??? Maar dan weer, ek is verslaaf aan lees… Enigiets lees… Lekker uitdaging…

  8. Sjoe Pikkelik!!! Dit is baie indrukwekkend! Draf nou vinnig die res van hulle deur.. ;)

    Wipneus, probeer gerus jou plaaslike biblioteek – baie van hierdie boeke is in ons biblioteke beskikbaar. Dan kos dit jou niks!

    Zee, hier is inderdaad letterkundige werke maar heelwat lekkerlees boeke. Sien veral die van Deon Meyer en Maritha van der Vyfer, om twee te noem.

    Boendoe, ek is seker jy sal jouself oortref en dit al teen 60 maak!

    Lekker lees julle almal!

  9. Wat ‘n briljante idee en baie dankie vir die uitnodiging.

  10. Lekker lys! Baie name wat ek nie eens ken nie. Ek het darem al ‘n hele paar gelees gekry. Net betyds vir die winter!

  11. Sjoe, ‘n lang lys kan ek hieruit maak wat ek gelees het, Potvol winter was verbied in die skole se mediasentrums, toe moes ek die boek in my stoortjie hou en seker maak geen kind mag hom lees nie…hehe.. ek het die fliek ook gesien, Boom-bomer-boomste is mooi… Bart Nel op skool gedoen, hy is steeds tussen my boeke weggepak! Heelwat van Dalene Matthee se boeke gelees, nie almal nie. Heelwat boeke op die lys is wat ons kinders in die laerskool ook lees… ek het een meisie gehad wat die Uile boeke op ‘n punt begin lees het, ek het ‘n stuk of 10 van hulle gehad, sy’t hulle verslind! Saartjie het almal oor gevrek natuurlik! En waar is “Uit Juffrou se dagboek” dan? Ek onthou die nuwe uitgawe met sy pienk(mooi) harde-buiteblad, kinders was gek oor hom. Ampie het ek op skool gelees (boek indie huis gewees) en Karel Schoeman was net so gewild onder die kinders. Eleanor Baker het ook ‘n paar mooies geskryf vir die ouer kinders, ek het een of twee gehad waarvan die kinders gehou het. Sjoe, laat ek stop, ek sal jou hele blog vol skryf vandag! Ek onthou ‘n boek met die titel: “Die bidsprinkaan en die maan” deur ‘n Poland-skryfster/skrywer, kan nog onthou die kinders het gehou van die boek. En waar is Marilee Mc Callaghan met “Wedloop teen die wind”!! Sjoe, dis ‘n pragtige boek en Maretha Maartens se boeke…Die Sakmense!! Kry daardie boek in die hande!! Dis ‘n moet!! en haar ander boeke ook!! Ek vat nou eers my baadjie en loop…as my handsak agterbly, roep my! :)

  12. o ja, Anita Du Plessis met “Koningskind” Ek weet hy is uit druk uit, kyk of jy daardie boek kan kry, ek het hom vir kinders voorgelees, maar SO gelag vir daardie hond dat die trane geloop het en ek nie kon lees nie!! Net gou my handsak kom gryp..baai!

  13. Hehe Nikita, jy het inderdaad al `n paar gelees. Jy en jou handsak is enige tyd welkom hoor! Kom skop jou skoene uit, sit jou handsak op die vloer en teug aan `n koffietjie terwyl ons boeke gesels! ;)

    C.

  14. Nog twee puik boeke wat na my mening nie daar genoem is nie (my mening natuurlik) is ‘Dis ek – Anna’ en ‘Raaiselkind’. Altwee boeke wat mens net EEN keer lees en dan nie die moed of krag het om ooit weer te lees nie. Maar dit MOET een keer gelees word!

  15. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/09/26/storietyd-storytime/
    Hi Corli… -o ja, ek’s gek oor die naam, was amper my kind se naam gewees! :) – hier op die link kan jy gaan lees oor ‘n paar boeke wat ek genoem het en daar’s ‘n link na ‘n ander pos van my ook oor boeke…geniet dit. Ek sien Boom Bomer Boomste het ek genoem op die link en die boekomslag is ook daar.

  16. Dankie vir die uitnodiging, kan self al n heel paar van hulle aftik maar sal beslis saamlees.

  17. Skitterende lys. Gaan jy al 16 volumes van Langhoven se “Versamelde Werke” lees :eek:

    Ek dink “Lebola vir die Lewe” verdien sy plek op so ‘n lys. Van Brink se moderne vertellinge is bietjie gestroop van die dieper, psigiese kyk na die menslike kondisie. En in terme van “wordingsverhale” kort ons ook nog “Caspirs en Campari’s” van Van Heerden. En as jy “Die Jakkalsjagter” eendag klaar gelees het, kom vertel ons wat jy daarvan maak.

    “Eilande” is eenvoudig briljant.

    ‘n Uitnemende oefening. Geniet dit.

  18. Natuurlik ‘n ander baie oulike boek – ook vir kinders 12 en ouer of selfs sterk lesers van 10/11 – is “Eendoring met langbene” van Elsabe Steenberg. As ek reg onthou is drank hier ‘n tema… en ‘n swart kraai, baie oulike boek, selfs vir volwassenes wat bietjie wil “wegbreek”. Ek het baie keer sulke kinderboeke meer geniet as boeke vir volwassenes, hulle lees jy sommer bitsig in ‘n japtrap 5 boeke per aand! :) O ja, dan ‘n kinderboek vir die wat so 8 is… “Eendag die blou voel”.(deelteken!)..ai, ek beleef daardie mooie storietjie met haar speel met woorde, daardie vrou het besonderse talent as dit by kinders en boeke kom, en my groot vraag…waarom onthou julle nie vir “Twee-vir-’n-Stuiwer” nie! :) Daardie spul mossies van die bo-dorp en onder-dorp! Lekker groot pret..

  19. Ek sien nou `n klomp boeke wat julle noem wat beslis ook die moeite werd is om te lees. Dis ek, Anna van Elbie Lotter is beslis een van daardie boeke wat `n mens moet lees maar nie sommer `n tweede keer sal optel nie aangesien dit `n baie seer verhaal is. Die lys is maar net een kompilasie, talle van my gunstelinge is nie daarop nie.

    Ek sal in `n stadium `n bietjie die lys aanpas en `n paar van julle goeie keuses byvoeg. Ek het nou Stories van Bergplaas vir die naweek gekies. Ek was nog altyd mal oor jeug- en kinderverhale, ek geniet dit baie keer ook meer as boeke vir volwassenes, net soos jy Nikita. :)

  20. O ja, ek het ook Die swerfjare van Poppie Nongena van Elsa Joubert en Ek stamel, ek sterwe van Eben Venter gebring. Net vir ingeval…

  21. Dankie Corli, ja ek het al die lys gesien by Maankind van Boekemakranka. Ek dink nog daaroor! Wat dit moeilik maak is dat dit nie net 100 boeke is nie, daar’s bv. F.A. Venter – Hele Oevre en die Fritz Deelman reeks.

    Die ander probleem kan wees dat party van die boeke nogal moeilik verkrygbaar kan wees, ek het bv. jare na Chris Barnard se Chriskras gesoek. Eintlik verkies ek ook om my eie boeke te koop, alhoewel ek bib kaartjies het. Het jy nou al uitgewerk dat as jy die boeke gaan koop (as dit net 100 was) teen ‘n gemiddeld van R130 sal dit jou so R13000 kos!

    As ek so vinnig kyk lyk dit my ek het maar nog omtrent so 26 van hulle gelees, dis nou sonder om die FA Venters en Fritz Deelmans wat ek wel gelees het te tel. Vatmaar van AHM Scholtz was nogal een van my gunstelinge.

    Ek weet nie hoeveel mense soos ek kan sê dat hulle wel CJ Langenhoven se versamelde werke van voor tot agter deurgelees het nie, en dit voor ek 18 was.

  22. Hi Chris

    Ek het nogal gedink jy sal een van die mense wees wat heelwat van die boeke gelees het, aangesien jy net soos ek ook lief is vir daardie tipe dinge.

    Jong, ek het nou nie gedink ek sal realisties gesproke almal kan lees nie maar ek gaan my bes probeer om soveel as moontlik te lees.

    Ek verkies ook om my eie boeke te koop maar ek dink vir die een sal ek maar op die bib en kenisse staatmaak. Ek is in die gelukkige posisie dat daar baie mense is by die koerant wat baie lees en ek sal dus heelwat van die boeke kan leen.

    Ons hoofsub by Volksblad het `n graad in tale en het Afrikaans, Engels en Frans as hoofvakke gehad. By haar sal ek heelwat kan leen. Verder sal ek maar kyk.

    En wat Langenhoven se versamelde werke betref kan ek my maar net verwonder daaraan dat jy op 18 almal gelees het. Sjoe!!

  23. o wat een geweldig handige lijst
    alle afrikaanse boeken die ik heb gelezen staan er op! :o )
    (dat zijn er helaas maar 4: griet skryf ‘n sprokie, vatmaar, toorberg en ons is nie almal so nie)

    op naar de 100 :o )

  24. Ek het vroer jare geniet om te lees, maar het intussen ander hobbies, maar sal weer geniet om te lees, soms kon ek nie n boek neersit nie, as dit mooi is wil jy sommer die boek in een aand klaar lees.

  25. Ek was mal mal mal oor Susters van Eva. Dis rerig ‘n moet lees.

  26. [...] April 21, 2009 by Wipneus! Corli het ‘n projek aangepak.   Lees Afrikaans.  Die lys van boeke is hier [...]

  27. Dankie dat jy die lys geplaas het. Wanneer ek weer in SA kom sal ek kyk watter van hierdie boeke ek in die hande kan kry om saam te bring huistoe.

Leave a Reply