Hi daar
Sjoe, wat `n dag. Ek was al twee ure vroeër as gewoonlik op kantoor om seker te maak dat as daar `n storie is, ek dit dadelik op die web kan sit.
Ek het vandag hordes kort stories geplaas, video’s ge-upload, Twitter en Facebook feeds geskryf en fotogalerye opgestel. Tussenin het ek nog my gewone werk ook gedoen.
My buddie Rufus Botha was vroeër hier. Rufus is `n redelike bekende atletiekafrigter in Suid-Afrikaanse skoleatletiek en het vir Hendrik Cronjé van 7de Laan hier aangebring. Dalk ken julle hom as Lucas?

Hendrik saam met Sobeth Jordaan, Volksblad se redaksionele skakelbeampte.
Anyway, Hendrik se broer Johan is `n bekende Suid-Afrikaanse atleet (vir die wat actually iets van SA atletiek weet). Dis dit wat hom by Rufus uitgebring het en die ken ons almal by Volksblad omdat hy ook atletiek skryf.
Die knaap voltooi glo nou sy graad in kommunikasie en wou graag weet hoe doen die media dinge. Nou ja, ek weet nie of hy iets geleer het nie maar ons het hom met ope arms verwelkom. Hy is immers baie sag op die oog!
Groete van huis tot huis
C.
Filed under: Werk
awww jinne ma… pragtige seuntjie!
Dit klink vir my na die lekker deel van joernalistiek!
Baie voorspoed vir jou vir 2010!
Definitief BAIE sag op die ogies…
Ditto!
Kan julle 2 ook nêrens heen vat nie.
Ons is dan so ordentlik, ons kan even aan jou ma voorgestel word….
…daai arms maak my lam btw…