Posted on Januarie 31, 2008 by corlivandermerwe
Hallo almal
Dit was `n stil week in die blogosphere vir my, ek kon skaars by my blog uitkom want ons was maar besig by die werk. Ook was ek meeste van die tyd in `n goor bui so wou liewer nie julle lewens ook nog vergal met my probleme nie.
Ek sal nou nie juis sê [...]
Filed under: Honde | 6 Comments »
Posted on Januarie 24, 2008 by corlivandermerwe
Ek het twee dawgs. En hulle is my hart se punt. Ek was nog my hele lewe lank lief vir diere maar noudat ek my eie twee het wat ek moet versorg is hulle belangriker as ooit vir my. Ek het grootgeword met worshonde in die huis en sal seker vir nog baie jare baie [...]
Filed under: Honde | 8 Comments »
Posted on Januarie 23, 2008 by corlivandermerwe
Ek het gister `n liederlike slegte dag by die werk gehad. Ek gaan liewer nie uitbrei op die redes nie, deels omdat ek nie wil hê julle moet dink ek is `n onwelvoeglike dame nie (dis nou oor al die vloekwoorde wat ek sal gebruik) en deels omdat ek bang is ek word gefire soos [...]
Filed under: Pret | 9 Comments »
Posted on Januarie 21, 2008 by corlivandermerwe
Na aanleiding van Chris se opmerking op my Seks en Steve post wil ek graag net my punt stel oor sensasie in koerante. As mense hoor jy is `n joernalis is dit net `n kwessie van tyd voor hulle kommentaar begin lewer oor sensasie in koerante en dies meer. As jy gelukkig is, is hulle so [...]
Filed under: Werk | 5 Comments »
Posted on Januarie 20, 2008 by corlivandermerwe
Die Steve debakel het nou tot my oningeligte ore getref. Ek was nog nooit `n groot aanhanger van die man nie maar kon naderhand die mediaberigte van die afgelope tyd net nie meer miskyk nie. Gevolglik het ek die afgelope week ook Steve se blog begin lees. Die man het beslis talent as skrywer, `n [...]
Filed under: Nuus en aktualiteit | 8 Comments »
Posted on Januarie 18, 2008 by corlivandermerwe
Die Volksblad se generator het gegaan. Ver weg gegaan! En dit kos R50 000 en redelik baie tyd (in die konteks van kragonderbrekings en `n koerant elke dag) om die ding te fix.
Die ou partjie wat gekoop moes word was ook nie net bloot beskikbaar by die winkel op die hoek nie maar moes laat haal word [...]
Filed under: Lewe se dinge, Werk | 1 Kommentaar »
Posted on Januarie 18, 2008 by corlivandermerwe
Hier volg `n bitter oulike rubriek deur `n koerantkennis, Willemien Marais. Ek deel haar sentiment.
HALLO!
So is dit dan nou ook weer ’n nuwe jaar. Een wat ek op Tafelberg binnegegaan het. En dit alles sou nou baie cool en hip en kosmopolitaans en net-net genoeg pretensieus geklink het as dit nie was dat ek die [...]
Filed under: Lewe se dinge | 1 Kommentaar »
Posted on Januarie 14, 2008 by corlivandermerwe
Ek het drie dinge op die brein vandag. Eerstens: Mans. Eintlik `n spesifieke een. Meer hieroor later. Tweedens: Amerika se ekonomie. Heelwat meer hieroor later. En derdens: Shaun Pollock. Ai…
Okay, gewigtigste topic eerste. Wat is dit met die mans van die wêreld? Ek hoor nou al tot vervelens toe die storie dat vrouens gekompliseerd is [...]
Filed under: Lewe se dinge, Nuus en aktualiteit, Sport | 1 Kommentaar »
Posted on Januarie 11, 2008 by corlivandermerwe
Hi daar
Net `n klein nota om te sê dat ek hoop die klomp suurgatte wat so gevra het dat Graeme Smith se kop moet rol nou hulle bekke sal hou. Ek weet hy het vir `n lang ruk min lopies gekry maar hy het in die tweede toets die wedstryd vir ons beklink met sy aggresiewe [...]
Filed under: Sport | 1 Kommentaar »
Posted on Januarie 10, 2008 by corlivandermerwe
Hallo almal
Hier in die Volksblad se subkantoor het ons `n redelike rustige dag gehad. Hele dag net aan drie koerante gewerk en weens verskillende omstandighede is ons min vandag. Des te meer rede om nog meer dankbaar te wees dat dit rustig was anders het ons dit nie gemaak nie. Ek het die blaaskans gevat [...]
Filed under: Lewe se dinge | 3 Comments »